dcsimg

Opiliones ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die hooiwaens (orde Opiliones), ook bekend as "daddylong-legs", word in baie gevalle verkeerdelik as spinnekoppe aangesien. Hulle is veral bekend vanweë hul besondere lang bene en daar is ongeveer 3 200 spesies bekend. Die diere se liggame is ellipsvormig omdat die kort abdomen sander enige insnoering aan die prosoom geheg is.

Hulle het twee oë. Die diere het twee klieropeninge in hul prosoom, wat 'n irriterende reukstof afskei en sodoende die roofdiere afskrik. Die kloukake is klein en die kaaktasters lyk baie soos die ledemate. Die diere gebruik tragea vir gaswisseling.

In teenstelling met die ander arachniede is die hooiwaens omnivore. Hulle kan klein invertebrate, dooie diermateriaal, asook stukkies vrugte en groente eet. Die kos word met die kaaktasters gegryp, wat dit na die kloukake bring, waar dit stukkend gedruk word. Die diere kan hulle ook teen roofdieraanvalle beskerm deur hul bene te amputeer.

Bronnelys

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Opiliones: Brief Summary ( Afrikaans )