Die kaart-blaasop (Arothron mappa) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese Oseaan en Stille Oseaan. Dit kom ook aan die ooskus van Afrika voor en verskyn soms tot by die suide van KwaZulu-Natal. Hierdie spesie is raar en word in Engels die Map puffer genoem.
Die vis word tot 60 cm lank. Sy lyf is swaarder as die normale blaasop lyf met die pens wat uithang en rond is. Die lyf is grys met onreëlmatige vlekke en kolle wat op die lyf voorkom. Die onderkant van die vis is witterig tot geel. Daar is lyne wat vanaf die oog uitstraal.
Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 5 tot 30m diep is. Hulle is alleenlopers, skaam en word gevind naby grotte en rots oorhange. Hulle vreet alge, sponse en bodem ongewerweldes.