dcsimg

Halfape ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Halfape (Strepsirrhini) is 'n primitiewe groep van primate. Hulle word so genoem omdat hulle baie na ape lyk, maar nie ware ape is nie. Hulle het 'n kleiner, eenvoudiger brein met 'n lang snoet en die reukorgaan is skerper as die van ware ape. Ape en halfape het waarskynlik dieselfde voorouers, wat baie soos die huidige halfape lyk. Ape het egter verder ontwikkel, die brein het vergroot en hulle het handiger met die soek na kos geword. Halfape het die eienskappe van insekvreters behou ('n gepunte bek met baarde en 'n nat snoet) en het 'n kleiner brein. Tog is hulle ook deel van die orde van primate, onder meer as gevolg van hulle hande, voete en plat naels.

Halfape leef slegs in die tropiese gebiede van Afrika en Asië. Op al die kontinente is hulle nagaktiewe diere met groot oë. Slegs op die eiland van Madagaskar het spesies wat gedurende die dag aktief is ontstaan. Ware ape het nooit die eiland binnegedring nie, en die halfape hier het dus geen kompetisie nie.

Taksonomie

 src=
'n Megaladapis, wat op 'n tak sit.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Halfape: Brief Summary ( Afrikaans )