dcsimg

Groenkop-kurper ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Groenkop-kurper (Oreochromis macrochir) is 'n varswater vis wat voorkom in die boonste gedeelte van die Zambezirivier, die Kunenerivier, die Okavangorivier, die Kafuerivier en Karibadam. In Engels staan die vis bekend as die Greenhead tilapia.

Voorkoms

Die onvolwasse vis is silwer met 8-9 vertikale breë strepe oor die lyf en die vinne is gelerig. Die volwasse vis is olyf tot helder geel aan die bokant, die sye en vinne is gryserig, daar is swart kolle op die kop en die dorsalevin het 'n geel rant met groen kolletjies op die membrane. Broeiende mannetjies is helder groen op die kop en boonste gedeelte van die lyf. Die vis word tot 40 cm lank en die Zimbabwe hengelrekord is 2.6 kg.

Habitat

Die vis leef in stil water langs rivier oewers en vloedvlaktes. Hulle vreet mikroskopiese voedsel soos alge, diatome en detritus vanaf die bodem. Die onvolwasse visse leef in vlak, beskermende water en vreet soöplankton en insek larwes. Die vis is mondbroeiers en hulle skiet kuit in die somer.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Groenkop-kurper: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Groenkop-kurper (Oreochromis macrochir) is 'n varswater vis wat voorkom in die boonste gedeelte van die Zambezirivier, die Kunenerivier, die Okavangorivier, die Kafuerivier en Karibadam. In Engels staan die vis bekend as die Greenhead tilapia.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF