Die witkopaasvoël is 'n aasvoël wat endemies (inheems) aan Afrika is. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Die witkopaasvoël het 'n pienk bek en wit kroon. Die veerlose kante van sy kop is bleek. Dit het 'n donkerbruin bolyf en swart stert. Die vere op sy onderlyf en bene is wit. Die vlerkspan van die witkopaasvoël is gemiddeld 2 m.
Die voël oornag snags in lang bome naby water.
Witkopaasvoëls is eksklusief inheems aan Afrika.
Die witkopaasvoël is 'n aasvoël wat endemies (inheems) aan Afrika is. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.