dcsimg

Geelbekeend ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die geelbekeend (Anas undulata) is 'n algemene standvoël in Suidelike-Afrika.

Identifikasie

Die eende is grys met 'n donkerder kop en 'n heldergeel snawel. Die snawel het 'n swart kol in die middel. Die vlerke is witterig aan die onderkant, en van bo gesien vertoon wit-begrensde groen hoofvere.

Habitat

Hierdie eend verkies vars water in redelik oop gebied.

Broeigewoontes

Hulle broei op die grond in digte plantegroei naby water. 'n Broeisel bestaan normaalweg uit ses tot twaalf eiers.

Dieet

Die geelbekeend is 'n plantvreter en 'n dageend, d.w.s. hy is bedags aktief.

Verspreiding

Hulle is baie volop en vorm soms groot swerms wat wydverspreid is in Suid-Afrika en Oos-Afrika.

Geluid

Die manlike eend uiter 'n fluitgeluid en die vroulike eend 'n kwêk-geluid.

Subspesies

  • A. u. rueppelli
  • A. u. undulata

Ander name

  • Engelse naam: Yellow-billed Duck
  • Wetenskaplike naam: Anas undulata

Sien ook

Bronnelys

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Geelbekeend: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die geelbekeend (Anas undulata) is 'n algemene standvoël in Suidelike-Afrika.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF