dcsimg

Rooibekeend ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Anas erythrorhyncha

Die rooibekeend (Anas erythrorhyncha) is 'n baie algemene standvoël in Suidelike Afrika.

Identifikasie

'n Betreklik klein eendjie van 43–48 cm. Dit is 'n bruin eend met 'n donker area bo op die kop en 'n prominente rooi swawel. Die wit wang is nog 'n kenmerk waaraan dit uitgeken kan word.

Habitat

Gee voorkeur aan vlak, opdroënde vleie. Hulle vorm graag swerms naby vars water.

Dieet

Dieet bestaan hoofsaaklik uit waterplante, insekte, paddas en vissies.

Verspreiding

Verspreid oor die meeste dele van Suidelike-Afrika. Die eendsoort word, net soos die geelbekeend, van die Kaap tot in Abessinië aangetref, maar is veral volop in die Karoo.

Broeigewoontes

Die nes is altyd naby die water en uitgevoer met dons.

Ander name

  • Engelse naam: Red-billed Teal
  • Wetenskaplike naam: Anas erythrorhyncha

Sien ook

Bronnelys

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rooibekeend: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Anas erythrorhyncha

Die rooibekeend (Anas erythrorhyncha) is 'n baie algemene standvoël in Suidelike Afrika.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF