dcsimg
Image of Lehmann lovegrass
» Plants » » Angiosperms »

Lehmann Lovegrass

Eragrostis lehmanniana Nees

Knietjiesgras ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Knietjiesgras (Eragrostis lehmanniana Nees) is 'n oorheersende grasspesie in die oostelike Nama-karoo en die westelike Hoëveld. Die reënval in hierdie gebied is 150 - 220 mm per jaar. [1]

Dit is sedert ongeveer 1930 'n ingeburgerde spesie in die suidweste van die Verenigde State[2] Dit is daar 'n indringerplant wat inheemse grasspesies soos Trichachne californica verdring.[3] Dit is ook in droë dele van Brasilië, Argentinië, Venezuela en Indië ingevoer.[4] Die word vir beweiding as voedsel vir beeste en ander diere gebruik, maar omdat dit 'n uitgebreide wortelstelsel het, ook vir die beheer van erosie.[5]

Die meerjarige plant word 45-61 cm hoog en die halme is amper regop. Die blare is kort, ongeveer 1,5 mm breed en 5-15 cm lank.[3]

Landbou

Die beweidingskapasiteit is taamlik goed

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Knietjiesgras: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Knietjiesgras (Eragrostis lehmanniana Nees) is 'n oorheersende grasspesie in die oostelike Nama-karoo en die westelike Hoëveld. Die reënval in hierdie gebied is 150 - 220 mm per jaar.

Dit is sedert ongeveer 1930 'n ingeburgerde spesie in die suidweste van die Verenigde State Dit is daar 'n indringerplant wat inheemse grasspesies soos Trichachne californica verdring. Dit is ook in droë dele van Brasilië, Argentinië, Venezuela en Indië ingevoer. Die word vir beweiding as voedsel vir beeste en ander diere gebruik, maar omdat dit 'n uitgebreide wortelstelsel het, ook vir die beheer van erosie.

Die meerjarige plant word 45-61 cm hoog en die halme is amper regop. Die blare is kort, ongeveer 1,5 mm breed en 5-15 cm lank.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF