dcsimg
Image of hyparrhenia
» Plants » » Angiosperms »

Hyparrhenia

Hyparrhenia filipendula (Hochst.) Stapf

Fyntamboekiegras ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Fyntamboekiegras[1] (Hyparrhenia filipendula (Hochst.) Stapf) is 'n grasspesie wat inheems aan Suid-Afrika, Lesotho, Eswatini, Mosambiek en Botswana is. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys.[2] Dit kom in die bosveld voor.

SANBI vermeld twee subspesies:

  • H. f. var. filipendula
  • H. f. var. pilosa

Dit het 'n groot voorkomsgebied wat die tropiese Afrika, Madagaskar en Sri Lanka tot Australië omvat.

Dit is 'n slank meerjarige grasspesie wat polle vorm en 'n wortelstok het. Dit kan 60 – 200 cm lank word en die blare kan 30 cm lank en 4 mm breed wees. Die stekeltjies is glad en 5,5 – 7 mm lank. Die trosse is 10 – 12 mm lank. Hul basisse is rolrond en ongelyk. Die blomstele se stekeltjies het 'n baard wat 1 – 5 mm lank is.[3]

Fotogalery

Verwysings

  1. ook: blougras, rooigras, dekgras
  2. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2016.
  3. Grasses of Soutern Africa G.E. Gibbs Russell, L. Watson, M. Koekemoer, L. Smook, N.P. Barker, H.M. Anderson, M J. Dallwitz ISBN 0 620 14846 2

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Fyntamboekiegras: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Fyntamboekiegras (Hyparrhenia filipendula (Hochst.) Stapf) is 'n grasspesie wat inheems aan Suid-Afrika, Lesotho, Eswatini, Mosambiek en Botswana is. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys. Dit kom in die bosveld voor.

SANBI vermeld twee subspesies:

H. f. var. filipendula H. f. var. pilosa

Dit het 'n groot voorkomsgebied wat die tropiese Afrika, Madagaskar en Sri Lanka tot Australië omvat.

Dit is 'n slank meerjarige grasspesie wat polle vorm en 'n wortelstok het. Dit kan 60 – 200 cm lank word en die blare kan 30 cm lank en 4 mm breed wees. Die stekeltjies is glad en 5,5 – 7 mm lank. Die trosse is 10 – 12 mm lank. Hul basisse is rolrond en ongelyk. Die blomstele se stekeltjies het 'n baard wat 1 – 5 mm lank is.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF