dcsimg

Messua (genus) ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Messua is 'n genus uit die Salticidae-familie (springspinnekoppe).

Naam

Die naam van die genus is vernoem na Messua, 'n vroulike karakter in Rudyard Kipling se The Jungle Book. Ander Salticidae-genusse met Kipling se karaktername is Akela, Bagheera en Nagaina

Klassifikasie

Die genus is die eerste keer in 1896 deur die Amerikaanse aragnoloë, George en Elizabeth Peckham omskryf, gegrond op die spesie Messua desidiosa.[1]

Die genus Messua is in 1897 deur Eugène Simon as 'n eweknie van Zygoballus beskou. Na 'n ondersoek oor onder watter spesietipe Messua desidiosa ingedeel moet word, merk Simon op dat dit "veel minder van die tipiese Zygoballus afwyk as wat die [Peckhams se] beskrywing te kenne gee."[2] Hierdie stelling is in 1996 deur Wayne Maddison verkeerd bewys, met Messua wat as 'n geldige genus erken is. Maddison het ook verskeie ander spesies onder Messua ingedeel wat vroeër onder Metaphidippus geklassifiseer is.[3]

Spesies

  • Messua centralis (Peckham & Peckham, 1896)Panama
  • Messua dentigera (Frederick Octavius Pickard-Cambridge, 1901)Guatemala tot Panama
  • Messua desidiosa Peckham & Peckham, 1896Costa Rica, Panama
  • Messua donalda (Kraus, 1955)El Salvador
  • Messua latior (Carl Friedrich Roewer, 1955) — Panama
  • Messua laxa (Arthur M. Chickering, 1946) — Panama
  • Messua limbata (Nathan Banks, 1898)VSA, Meksiko
  • Messua moma (F. O. P.-Cambridge, 1901) — Guatemala tot Guyana
  • Messua octonotata (F. O. P.-Cambridge, 1901)Sentraal-Amerika
  • Messua pura (Bryant, 1948) — Meksiko
  • Messua tridentata (F. O. P.-Cambridge, 1901) — Meksiko

Verwysings

  1. (1896) “Spiders of the family Attidae from Central America and Mexico”. Occasional Papers of the Natural History Society of Wisconsin 3 (1): 1–101.
  2. Simon, Eugène (1897). Histoire Naturelle des Araignées (in Frans) (2de uitg.). Paris. p. 863.
  3. Maddison, Wayne P. (1996). “Pelegrina Franganillo and other jumping spiders formerly placed in the genus Metaphidippus (Araneae: Salticidae)”. Bulletin of the Museum of Comparative Zoology 154: 215–368.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Messua (genus): Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Messua is 'n genus uit die Salticidae-familie (springspinnekoppe).

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF