dcsimg
» Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes »

駝背鮨麗魚

Serranochromis altus Winemiller & Kelso-Winemiller 1991

Kromkop-kurper ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kromkop-kurper (Serranochromis altus) is 'n varswatervis wat in die Okavangorivier, boonste gedeelte van die Zambezi- en die Kafuerivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Humpback largemouth.

Voorkoms

Die vis se voorkop het 'n kenmerkende duik in en die mond is groot. Die vis is hoofsaaklik olyfbruin, die sye is silwer en die skubbe se middelkant is bruin wat aan die vis 'n blokkiesvoorkoms gee. Daar is geen kolle op die kop nie maar wel donker kolle op die vinne. Die dorsale- en analevinne se rante is geel of oranje en die analevin is gelerig met rye eiervlekke op. Die vis word tot 41 cm lank en weeg dan 2 kg.

Habitat

Die vis leef aan die oewers van hoofstrome met matige plantegroei. Hulle vreet vis en verkies die families Mormyridae en Schilbeidae. Hulle is snags meer aktief en broei in die somer voor die reënseisoen.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

  1. Regan, C. T. 1920. The classification of the fishes of the family Cichlidae.--I. The Tanganyika genera. Ann. Mag. Nat. Hist. (Ser. 9) v. 5 (núm. 25): 33-53.
  2. BioLib (en)
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kromkop-kurper: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kromkop-kurper (Serranochromis altus) is 'n varswatervis wat in die Okavangorivier, boonste gedeelte van die Zambezi- en die Kafuerivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Humpback largemouth.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF