Die harlekynliewenheersbesie (Harmonia axyridis) is 'n indringerspesie in Suider-Afrika wat afkomstig is van Oos-Asië. Die spesie is in 2001 in die Wes-Kaap vir die eerste keer in Suid-Afrika aangeteken. Tans kom die insek in al die provinsies van Suid-Afrika voor. Dit het ook Europa, Noord- en Suid-Amerika binnegedring. Dit het 'n negatiewe uitwerking op landbou, menslike nedersettings en inheemse liewenheersbesiebevolkings.