dcsimg

Hottentotgouemol ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Hottentotgouemol (Amblysomus hottentotus) is deel van die familie Chrysochloridae en kom aan die kusgebiede en dieper in Suid-Afrika voor vanaf Kaapstad tot Richardsbaai en ook in KwaZulu-Natal. Dié familie is nie verwant aan knaagdiermolle nie.

Voorkoms

Die soogdier het nie , ore of 'n stert nie maar het lang kloue en 'n skopagtige snoet om mee te grawe. Aan die bokant is hulle donker rooibruin met 'n persbrons skynsel. In sy gesig is oogkolletjies. Die diertjie word 13 cm lank en 75 g swaar.

Habitat en gewoontes

Hulle kom op grasveld in sandgrond voor en eet insekte, erdwurms, slakke en plantmateriaal. Die mol grawe tonnels net onder die oppervlakte van die grond maar stoot nie hope soos molrotte nie. Een tot twee kleintjies word vroeg in die somer gebore.

Sien ook

Bron

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Hottentotgouemol: Brief Summary ( Afrikaans )