dcsimg

Lemoenvlinder ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die lemoenvlinder (Papilio demodocus) is 'n groot swaelstertvlinder inheems aan die oorgrote deel van sub-Sahara Afrika, insluitend Madagaskar, benewens die suidelike Arabiese Skiereiland. Die ruspes benut verskillende plantspesies as voedsel, maar veral dié van die familie Rutaceae, wat verboude sitrus insluit. Omdat hulle sitrusblare vreet word die lemoenvlinder as 'n pesspesie beskou.[3]

Lewenskringloop

Lemoenvlinders gaan deur ongeveer drie geslagte per jaar. Hul eiers word op sitrusblare gelê.

Eiers

Die vroulike vlinder plaas haar eiers op die oppervlakte van 'n sitrusblaar. Na sowat ses dae broei die larwe (ruspe) uit die eier.

Onvolwasse larwe

Die onvolwasse larwe is swart en geel, met wit stekels. Hul kleur verskaf goeie kamoeflering, aangesien hulle lyk na voëlmis. Hulle groei tot 'n lengte van 10 tot 15 mm voor hulle in volwasse larwes verander.

Volwasse larwe

Die volwasse larwe (of ruspe) is groen met wit of rooskleurige merke en oogkolle. Hulle groei tot 'n maksimumlengte van sowat 45 mm.

By volwasse ruspes ontbreek die kamoeflering van hul vroeëre stadia. Instede stoot hulle 'n gevurkte oranje orgaan uit, bekend as 'n osmaterium, wanneer hulle deur 'n voël of ander predator gekonfronteer word. Die orgaan gee 'n sterk reuk af wat die predator ontmoedig om dit as prooi te neem.

Papie

Die ruspes heg hulle aan takke deur middel van sy, en transformeer dan na papies. Hulle bly in die papiestadium vir 2–3 weke voor die volwassene, die vlinder, verskyn.

Volwassene

Die volwassene het swart- en geelgemerkte vlerke met rooi en blou oogkolle. Die vroulike skoenlappers neig om groter as die mannetjies te wees.

Natuurlike vyande

Lemoenvlinder eiers en papies word geparasiteer deur sekere soorte parasitiese wespes, veral die taksa Ooencyrtus (eierpredator) en Pteromalus puparum (papiepredator).

Eksterne skakels

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

  1. Afrotropical Butterflies: File C – Papilionidae - Tribe Papilionini
  2. Papilio, Site of Markku Savela
  3. Hoskins, Adrian. "Adrian Hoskins". Learn about Butterflies. Besoek op 27 March 2020.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Lemoenvlinder: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die lemoenvlinder (Papilio demodocus) is 'n groot swaelstertvlinder inheems aan die oorgrote deel van sub-Sahara Afrika, insluitend Madagaskar, benewens die suidelike Arabiese Skiereiland. Die ruspes benut verskillende plantspesies as voedsel, maar veral dié van die familie Rutaceae, wat verboude sitrus insluit. Omdat hulle sitrusblare vreet word die lemoenvlinder as 'n pesspesie beskou.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Papilio demodocus ( Asturian )

provided by wikipedia AST

El papilio de los cítricos (Papilio demodocus) ye una especie de lepidópteru ditrisio de la familia Papilionidae propia del Africa subsaḥariana.[1] Conozse tamién como caparina de la Navidá yá que ye nestes feches cuando nacen.[2]

Descripción

"
Royal Mile, Budongo W. Uganda.

Presenta un gran valumbu alar, d'ente 9 a 12 cm. Ye de color negru con bandes y llurdios mariellos nes nales; siendo esta combinación de color una señal d'alerta nel mundu animal, pa Papilio demodocus representa un pixín disfraz yá que resulta totalmente inofensiva. Adopta esta combinación cromática p'aprovechase del respetu que produz nes demás especies y asina llibrase de los sos depredadores.

Hábitat y distribución

Vive en tierres de poca altitú, incluyendo terrenes agrícoles onde pue ser plaga d'árboles frutales y otros cultivos, como les llegumes.

Distribúise dende África central hasta l'estremu sur del continente y Madagascar.

Referencies

  1. (n'inglés) Papilio en funet.fi
  2. (en castellán) [1] Enciclopedia de la vida - eol.org

Enllaces esternos

"
El ciclu vital de la Papilio demodocus.

Enllaces esternos

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Papilio demodocus: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST

El papilio de los cítricos (Papilio demodocus) ye una especie de lepidópteru ditrisio de la familia Papilionidae propia del Africa subsaḥariana. Conozse tamién como caparina de la Navidá yá que ye nestes feches cuando nacen.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST