dcsimg

Gebande grondkruiper ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

'n Gebande grondkruiper (of Banded groundling soos dit in Engels bekend staan),[1] is 'n naaldekoker, Brachythemis leucosticta, en behoort tot die familie van Libellulidae.

Voorkoms

Liggaamslengte: 29-31 mm. Agtervlerklengte: 23,5-25 mm. Klein, onmiskenbaar, swart lyf met swart bande op elke vlerk en geel pterostigma. Die mannetjie is een van die mees uitgekenbare van alle naaldekokers, met sy donkerbruin vlerkbande en houtskoolkleurige kop, bors en maag. Die vlerkbande is afwesig in die wyfie. Wyfies word dikwels saam met die mannetjie gesien, maar paring word selde waargeneem. Die pterostigma is tweekleurig, geel in die middel en donkerbruin aan die kante. Mannetjies en wyfies sit dikwels op kaal grond naby die waterkant.[2]

Verspreiding

Dit kom wydverspreid voor in Afrika (behalwe in bosgebiede), die suide van Europa, en die Midde-Ooste. In Suid-Afrika kom dit voor in die Noord-Kaap, Wes-Kaap, Limpopo, Gauteng, KwaZulu-Natal (tot 700 m bo seevlak), Mpumalanga-laeveld en eSwatini.[2]

Habitat

Habitat is droë, swaarbeweide savanne naby swembaddens, damme en trae lope van riviere. Die spesie word langs grondpaaie of op die rand van terugtrekkende poele en strande gesien, en kom algemeen voor in warm savannegebiede.[2]

Verwysings

  1. "iSpotnature: Observations in the Species: Brachythemis leucosticta" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2016. Besoek op 23 April 2016.
  2. 2,0 2,1 2,2 "Africa Wild Insect Book: Odonata (Damselflies and Dragonflies)" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 23 April 2016.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Gebande grondkruiper: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

'n Gebande grondkruiper (of Banded groundling soos dit in Engels bekend staan), is 'n naaldekoker, Brachythemis leucosticta, en behoort tot die familie van Libellulidae.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF