dcsimg

Masaigesie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

'n Masaigesie (of Masai Sprite soos dit in Engels bekend staan),[2] is 'n waterjuffer, Pseudagrion massaicum, en behoort tot die familie van Coenagrionidae.

Voorkoms

Liggaamslengte: 31-35 mm. Agtervlerklengte: 16.5–20.5 mm. Die kop en die toraks (bors) van mannetjies is dieselfde rooi kleur. Hulle het ook 'n baie duidelike helder-rooi merk in die vorm van 'n handgewig, agter die oë. Die masaigesie is ook die enigste Pseudagrion met helderoranje aan die kante van die toraks. Mannetjies het 'n kobaltblou abdominale punt.[2]

Verspreiding

Dit kom voor in Angola, Botswana, Comore, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Ethiopië, Ghana, Kenia, Malawi, Namibië, Somalië, Suid-Afrika, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië, Zimbabwe, moontlik Burundi, en moontlik Guinee. Algemeen in groot dele van Suid-Afrika, behalwe in die Limpopo-provinsie, en selde hoër as 1300 m bo seevlak.[3]

Habitat

Sit gewoonlik naby aan die water op lelies en grasstingels in poele en damme.[2]

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Masaigesie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

'n Masaigesie (of Masai Sprite soos dit in Engels bekend staan), is 'n waterjuffer, Pseudagrion massaicum, en behoort tot die familie van Coenagrionidae.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF