'n Padda is 'n koudbloedige, stertlose dier wat aan die klas amfibieë behoort. "Amfi-" beide "bios" lewe: wat op die land asook in die water leef.
Wanneer hulle gebore word kry hulle (nes visse) met kieue hul suurstof uit water en swem met hulle sterte, maar sodra hulle groter word en van gedaante verwissel, haal hulle in die lug asem soos alle landdiere en verloor hul stert.
'n Padda se vel is normaalweg slymerig (natterig), kaal sonder skubbe, vere of hare. In die padda se vel is daar kliere wat 'n tipe slym afskei; die slym help om sy vel vogtig te hou.
Sommige paddas se velkleur (swart, groen, bruin, geel ens.) help hulle vir kamoeflering teen hul vyande.
Sommige paddas kan weer van kleur verander om hulle by hul omgewing aan te pas. Die varklelie-padda is bedags ivoorwit wanneer hy in die voue van dié blom skuil. Op dié manier weerkaats hy ook die ergste hitte van die son. Saans is hy donkerder van kleur, sodat hy onopsigtelik in die nag kan beweeg.
Ander het weer helderkleurige velkleure (rooi, blou en ander helder skakerings) wat hul roofvyande waarsku dat hul baie giftig kan wees.
In werklikheid skei alle paddas, en nie net die helderkleuriges nie, 'n melkerige gif af, vanuit kliere wat in hul vel voorkom; die gif help hulle beskerm teen vyande. Die gif van die meeste paddas is nie baie gevaarlik vir die mens nie en sal slegs 'n ligte vel-irritasie veroorsaak.
Paddas se ribbetjies lyk swak ontwikkel en sal nooit 'n borsbeen bereik nie.
Paddas het 'n kenmerkende vermoë om ver te kan spring. Hul vier pote is oor die algemeen net daar om hul liggaam op land te stut, daar slegs sekere paddas op hul vier pote kan loop.
Soos alle amfibieë word die meeste paddas voortgeplant deur eiers wat in die water of in klam plekke gelê word (sekere soorte is lewendbarend). Aanvanklik is die padda 'n visagtige larwe, die paddavissie, en haal hy deur kieue asem. Wanneer hy ouer word, verander hy egter van 'n dier wat soos 'n vis lyk en slegs in die water kan leef in 'n dier wat op die land kan lewe. Hierdie veranderinge vind soos volg plaas:
Die wyfiepadda lê gewoonlik haar eiers vroeg in die lente (daar is gewoonlik besonder baie van hulle). Die padda-eiers is bedek met 'n gelatienagtige stof, wat hulle in 'n digte massa saamhou. Die eerste embrionale ontwikkeling vind in die eier plaas. Sowat twee weke nadat die eier gelê is, kom 'n larwe (die paddavissie) daaruit.
Aanvanklik kan die paddavissie nie swem of eet nie. Hy klou aan die oorblyfsels van sy eier of aan die blaar van die een of ander waterplant vas deur middel van kleeforgaantjies aan die onderkant van die liggaam. Die diertjie haal asem deur drie pare uitwendige kieue. Na 'n paar dae verskyn die mond, die neusgate gaan oop, en die oë word onder die vet gevorm.
Die stert word langer en die uitwendige kieue word deur vier pare inwendige kieue vervang. Sodra die paddavissie hierdie stadium van ontwikkeling bereik, begin hy om te swem en te eet. Later verskyn twee agterbene, en dan die voorbene, terwyl die stert kleiner word en uiteindelik verdwyn. Mettertyd word die inwendige kieue ook deur die liggaam geabsorbeer, die longe ontwikkel, en die paddavis verander in 'n klein paddatjie. Hierdie metamorfose duur gewoonlik drie maande.
Paddas kommunikeer met ander paddas deur middel van verskeie komplekse roepe, soos kierie-kieries en kwake en ander geluide. Hierdie geluide word baie soos die spraak van mense voortgebring, deur lug uit die longe oor die stembande in die keel te forseer. Padda-geselsies is baie belangrik in die paartyd wanneer die mannetjies roep om die wyfies se aandag te trek.[1]
Paddas is afhanklik van klam, nat blyplekke. Omdat vleilande baie kwesbaar vir ontwikkeling is, word paddas se habitat maklik vernietig. Hulle is egter aanpasbare diere en hulle kom in 'n groot verskeidenheid habitatte voor, van seevlak tot in berggebiede.
Paddavissies eet alge en ander waterplante, maar 'n paar soorte raak partymaal kannibale en eet dan ander paddavissies. Volwasse paddas is karnivore (vleisvreters) en eet meestal lewendige insekte en ander goggatjies, soos muskiete, motte en torre, hulle sal nie dooie kos eet nie.
Die paddawyfie lê haar eiers tussen waterplante. Daar kan lang stringe wees, in groot groepe of klein groepies of selfs enkeles.
Na omtrent tien dae word die eiers deur die son se hitte uitgebroei. Uit die eier kom 'n paddavissie wat 'n stertvin het om mee te swem. Die paddavissie haal soos 'n vis deur kieue asem. Na omtrent twee maande kry die paddavissie agterpote, waar die stertvin aan die liggaam vas is; daarna kry hy voorpote.
Met dié metamorfose verander die “vissie” na 'n padda sodat hy op land en in die water kan lewe. Longe (vir asemhaling) vervang die kieue, sy stertvin verdwyn en sy mond vergroot.
Paddas se natuurlike vyande is visse, voëls, soogdiere, reptiele en natuurlik die mens. Sommige mense eet hulle; paddaboutjies word veral in Frankryk en China as ’n lekkerny beskou.
Daar steek geen waarheid in die stories dat 'n mens vratte kry as jy 'n padda hanteer nie.
Paddas word gebruik om mense die anatomie van gewerweldes (diere met 'n ruggraat) te leer en paddaeiers help geleerdes om meer van die ontwikkeling van embrio’s te wete te kom. Paddas is ook al gebruik vir swangerskaptoetse op vroue.
Paddas drink nie water nie. Vog word deur hul velle geabsorbeer en in 'n interne watersak gestoor. Dié water word in droë tye gebruik om die vel klam te hou, sodat hulle kan asemhaal.
Daar kom meer as 100 spesies in Suid-Afrika voor waarvan die helfte endemies of amper-endemies is. Die brulpadda, wat tot 20 cm lank kan word, is Suid-Afrika se grootste padda. Tydens droogtes skei brulpaddas 'n stof deur hul vel af wat 'n kokon om hulle vorm. In die Karoo bly brulpaddas soms vir jare in dié kokonne, tot dit weer nat genoeg is om na buite te gaan.
'n Padda is 'n koudbloedige, stertlose dier wat aan die klas amfibieë behoort. "Amfi-" beide "bios" lewe: wat op die land asook in die water leef.
Wanneer hulle gebore word kry hulle (nes visse) met kieue hul suurstof uit water en swem met hulle sterte, maar sodra hulle groter word en van gedaante verwissel, haal hulle in die lug asem soos alle landdiere en verloor hul stert.
Los anuros (Anura, gr. a(n), "non" y ourá, "rabu") son un cladu d'anfibios, con rangu taxonómicu d'orde, conocíos vulgarmente como xaronques y sapos. Caracterízase por escarecer de cola, por presentar un cuerpu curtiu y bien enancháu, y poles pates posteriores más desenvueltes y afeches pal saltu. Los anuros son el grupu más numberosu d'anfibios; envalórase qu'esisten más de 5.000 especies, partíes en 48 families.[1] La mayoría pasa la so vida dientro o cerca del agua. El so tamañu puede variar dende unos escasos 8,5 milímetros, como ye'l casu de les especies del xéneru Eleutherodactylus,[2] hasta talles que superen los 30 centímetros, destacando la xaronca goliat, l'anuru más grande del mundu.[3]
Los nomes de «xaronca» y «sapu» referíense nun principiu a los dos tipos d'anuros qu'apaecen na Península Ibérica: les xaronques típiques (les del xéneru Rana), y los sapos típicos (los del xéneru Bufo); pero anguaño úsase pa otros grupos de forma indiscriminada y arbitraria. «Xaronca» suel referise a les especies más gráciles, de piel húmedo y llisa, bones saltadores, y de vezos trepadores o acuáticos. «Sapu» fai referencia a les especies de piel más seco y rugosa, más robustes, marchadores, menos axiloses y que suelen habitar nel suelu húmedu escavando galeríes. Poro, esta distinción ente xaronques y sapos nun ye una discriminación que tenga validez taxonómica.[4]
Los anuros presenten una boca bien ancha, con dientes diminutos o ensin ellos, dependiendo de les especies, y con una llingua protráctil. Los güeyos tán provistos de párpagos y los oyíos nun tienen pabellones esternos, estremándose namái una membrana timpánica superficial.[5][6][7] Los dos pares de pates son bien distintes ente sigo, adquiriendo un mayor desarrollu y robustez el par posterior, que, amás, alcuéntrase afechu al saltu. Les pates anteriores terminen en cuatro deus, mientres que les posteriores fainlo en cinco. Otra carauterística que favorez el saltu ye la presencia d'una columna vertebral amenorgada y ríxida llamada urostilo.[8] Les cucharapes o cabezones (fase larvaria) lleven una vida acuática, ente que los adultos son terrestres y namái vuelven al agua nel momentu de la reproducción.
Les rellaciones filoxenétiques d'Anura y les secuencies de les primeres diverxencies d'esti clado fueron materia d'un gran númberu d'alderiques. La mayor parte d'esti discutiniu céntrase na posición filoxenética de los clados dalguna vegada asignaos a Archeobatrachia (grupu parafiléticu compuestu por Leiopelmatidae y Ascaphidae[9]) con respeuto de los clados de Neobatrachia. Esti últimu grupu, nel cual tán presentes más de 2/3 de les especies d'anfibios, ta formáu por Heleophrynidae y un clado conformáu polos grupos Hyloides y Ranoides.
Anura
Pelobatoidea
Hyloides
Ranoides
Ranoides
Allodapanura
Hyloides
Terrarana
Los cladogrames tán basaos en Frost et al. (2006) y Heinicke et al. (2009).[10][11]
Los anuros (Anura, gr. a(n), "non" y ourá, "rabu") son un cladu d'anfibios, con rangu taxonómicu d'orde, conocíos vulgarmente como xaronques y sapos. Caracterízase por escarecer de cola, por presentar un cuerpu curtiu y bien enancháu, y poles pates posteriores más desenvueltes y afeches pal saltu. Los anuros son el grupu más numberosu d'anfibios; envalórase qu'esisten más de 5.000 especies, partíes en 48 families. La mayoría pasa la so vida dientro o cerca del agua. El so tamañu puede variar dende unos escasos 8,5 milímetros, como ye'l casu de les especies del xéneru Eleutherodactylus, hasta talles que superen los 30 centímetros, destacando la xaronca goliat, l'anuru más grande del mundu.