Tangare is die voëls van die familie Thraupidae, sangvoëls wat in die Amerikas voorkom. Hulle is die tweede grootste voëlfamilie en bevat sowat 4% van alle voëlspesies en 12% van die Neotropiese voëls.[1] Sowat 240 spesies is tradisioneel beskryf, maar die taksonomiese hantering is op die oomblik veranderlik. Namate meer tangare met behulp van moderne molekulêre tegnieke bestudeer word, word verwag dat sommige genera na ander plekke geskuif sal word. Spesies in die genera Euphonia en Chlorophonia, wat eers in Thraupidae geval het, word nou beskou as lede van Fringillidae en het hul eie subfamilie (Euphoniinae). Net so lyk dit of die genera Piranga, Chlorothraupis en Habia lede van die familie Cardinalidae is,[2] en die Amerikaanse Ornitologiese Vereniging het hulle reeds daarheen geskuif.
Tangare is klein tot middelslag. Dié met die kortste lyf, die witoorspitssnawel, is 9 cm lank en weeg sowat 6 g, net kleiner as die kortsnawelsuikervoël. Die langste, die ekstertangaar, is 28 cm lank en weeg sowat 76 g. Die swaarste een is die witkaptangaar, wat 24 cm lank is en sowat 114 g weeg. Die mannetjies en wyfies se grootte en gewig stem meestal ooreen. Die voëls is dikwels helder van kleur, maar sommige spesies is swart-en-wit. In hul eerste jaar is hulle gewoonlik dowwer of ’n heel ander kleur. Mannetjies se kleure is gewoonlik helderder as dié van wyfies. Die meeste spesies het kort, geronde vlerke. Dit lyk of die vorm van die snawel afhang van die spesie se kosbronne.
Tangare kom net in die Nuwe Wêreld voor, en hoofsaaklik in die trope. Sowat 60% word in Suid-Amerika aangetref, en 30% van dié spesies kom in die Andes voor. Die meeste spesies is inheems in ’n relatief klein gebied.
Die meeste spesies kom in pare voor, of in klein groepe van drie tot vyf. Dié groepe kan eenvoudig uit die ouers en kinders bestaan. Voëls word soms in gemengde swerms aangetref. Die meeste se sang word as redelik vervelig beskou, maar sommige s’n is interessanter.
Tangare is omnivore en hul dieet verskil van genus tot genus. Hulle eet vrugte, sade, nektar, blomdele en insekte. Baie pik insekte van boomtakke af. Ander soek insekte onder blare of vang hulle in die lug. Baie van die spesies kom in dieselfde gebiede voor, maar verskille in dieet verminder mededinging.
Die broeiseisoen is van Maart tot einde Junie in gematigde streke en van September tot einde Oktober in Suid-Amerika. Sommige spesies is territoriaal, terwyl ander hul neste nader aan mekaar bou. Min is bekend oor hul paringsgedrag. Mannetjies vertoon hul helderste kleure aan potensiële maats en teenstanders. Van hul rituele behels buigings en die lig van die stert.
Die meeste voëls bou ronde neste met die ingang aan die kant. Dit kan vlak of diep wees. Die soort boom waarin hulle hul neste bou en die posisie verskil. Die meeste neste is in ’n gebied wat agter digte plante weggesteek is. Hulle lê drie tot vyf eiers op ’n slag. Die wyfie broei die eiers uit en bou die nes, maar die mannetjie kan haar voer terwyl sy broei. Albei geslagte voer die kleintjies. Vyf spesies het helpers vir dié taak, vermoedelik jong voëls van die vorige broeisel.
Filogenetiese studies dui daarop dat ware tangare drie hoofgroepe vorm, waarvan twee uit verskeie kleiner klades bestaan.[3][4] Die lys hier onder is ’n poging om die voëls volgens inligting uit die nuutste studies in verwante groepe te rangskik. Dit kan dus groepe bevat wat nog nie deur die taksonomiese owerhede goedgekeur is nie.[5] Waar die hoeveelheid spesies in ’n genus nie aangedui word nie, bevat die genus net een spesie.
Hoofsaaklik dowwe voëls
a) Spitssnawels en heuningkruipers (bevat ook Haplospiza, Catamenia, Acanthidops, Diglossa, Diglossopis, Phrygilus en Sicalis,[6][4] wat tradisioneel in Emberizidae geplaas word).[7] Hoewel die snawels in die groep grootliks verskil, stem hul vere ooreen. Die meeste is hoofsaaklik grys, blou of swart, en verskeie spesies het rooibruin dele onder:
b) Ware saadeters. Is tradisioneel in Emberizidae geplaas; vorm moontlik ’n monofiletiese groep:[8]
c) Klade met geel rompe:[6]
d) Klade met kuiwe (bevat ook Coryphospingus en Volatinia, wat tradisioneel in Emberizidae geplaas is):
e) "Blouvink"-klade; verhouding met Thraupidae onseker, maar kan verwant wees aan klade Poospiza:
f) Klade Poospiza – ’n uiteenlopende maar hegte groep:
g) Gras- en pampavinke; verhouding met Thraupidae onseker:[4]
h) ’n Gemengde en moontlik polifiletiese groep, waarvan spesies waarskynlik geskuif sal word:
i) Basale vorme in groep 1:
"Tipiese" kleurryke voëls
a) Tropiese kaptangare:
b) Die "Tholospiza" - darwinvinke, atipiese heuningkruipers en sommige saadeters:[12] Die vinkagtige vorme in hierdie klade is voorheen in Emberizidae geklassifiseer:
c) Bergtangare:
d) Tipiese tangare:
e) Tipiese veelkleurige voëls (sluit Paroaria in wat voorheen in óf Emberizidae óf Cardinalidae geplaas is):
f) Heuningkruipers met groen en goue krae:[6]
g) Tipiese heuningkruipers en verwante:[6][4]
h) Basale lyne in groep 2:
Passerellidae
Cardinalidae[5]
Fringillidae, subfamilie Euphoniinae
Phaenicophilidae
Mitrospingidae
Nesospingidae
Spindalidae
Calyptophilidae
Rhodinocichlidae
Tangare is die voëls van die familie Thraupidae, sangvoëls wat in die Amerikas voorkom. Hulle is die tweede grootste voëlfamilie en bevat sowat 4% van alle voëlspesies en 12% van die Neotropiese voëls. Sowat 240 spesies is tradisioneel beskryf, maar die taksonomiese hantering is op die oomblik veranderlik. Namate meer tangare met behulp van moderne molekulêre tegnieke bestudeer word, word verwag dat sommige genera na ander plekke geskuif sal word. Spesies in die genera Euphonia en Chlorophonia, wat eers in Thraupidae geval het, word nou beskou as lede van Fringillidae en het hul eie subfamilie (Euphoniinae). Net so lyk dit of die genera Piranga, Chlorothraupis en Habia lede van die familie Cardinalidae is, en die Amerikaanse Ornitologiese Vereniging het hulle reeds daarheen geskuif.
Thraupidae, ye una familia d'aves paseriformes del Nuevu Mundu que los sos miembros reconocer por tener plumaxe brillosu y picu gruesu, pero non cónicu, y por ser de vezos insectívoros o frugívoros. Considérase que la familia contién alredor de 400 especies, en 100 xéneros (variando dependiendo de la clasificación considerada). Les especies d'esta familia son toes habitantes de les zones intertropicales.
Les especies d'esta familia fueron bien estudiaes, buscando una clasificación natural. Dalgunes d'elles fueron movíes de xéneru o de familia. Anguaño la taxonomía d'esta familia estúdiase usando modernes téuniques moleculares. Numberosos xéneros antes asitiaos na familia Emberizidae fueron tresferíos pal presente acordies con la Propuesta Nᵘ512 al South American Classification Committee (SACC).[1]
Antes, les especies de los xéneros Euphonia y Chlorophonia considerábense parte d'esta familia; agora clasifíquense dientro de la familia Fringillidae, nuna subfamilia propia (Euphoniinae), acordies con la Propuesta Nᵘ29 al SACC[2] con base en datos xenéticos de Burns (1997),[3] Burns et al. (2002),[4] Klicka et al. (2000),[5] Sato et al. (2001),[6] y Yuri and Mindell (2002).[7]
D'alcuerdu a les clasificaciones del Congresu Ornitolóxicu Internacional (IOC) (Versión 5.1, 2015)[8] y Clements Checklist 6.9[9] la presente familia arrexunta a los siguientes xéneros, con delles diferencies que van ser comentaes en nota:
Thraupidae, ye una familia d'aves paseriformes del Nuevu Mundu que los sos miembros reconocer por tener plumaxe brillosu y picu gruesu, pero non cónicu, y por ser de vezos insectívoros o frugívoros. Considérase que la familia contién alredor de 400 especies, en 100 xéneros (variando dependiendo de la clasificación considerada). Les especies d'esta familia son toes habitantes de les zones intertropicales.
Les especies d'esta familia fueron bien estudiaes, buscando una clasificación natural. Dalgunes d'elles fueron movíes de xéneru o de familia. Anguaño la taxonomía d'esta familia estúdiase usando modernes téuniques moleculares. Numberosos xéneros antes asitiaos na familia Emberizidae fueron tresferíos pal presente acordies con la Propuesta Nᵘ512 al South American Classification Committee (SACC).
Antes, les especies de los xéneros Euphonia y Chlorophonia considerábense parte d'esta familia; agora clasifíquense dientro de la familia Fringillidae, nuna subfamilia propia (Euphoniinae), acordies con la Propuesta Nᵘ29 al SACC con base en datos xenéticos de Burns (1997), Burns et al. (2002), Klicka et al. (2000), Sato et al. (2001), y Yuri and Mindell (2002).