dcsimg

Blougesiggie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die blougesiggie (Junonia oenone),[3] is 'n vlinder wat behoort tot die familie van vierpootskoenlappers (Nymphalidae). In Engels staan dit bekend as die Blue pansy.

Subspesies

  • Junonia oenone oenone - kom in Afrika voor, maar nie in Madagaskar nie.
  • Junonia oenone epiclelia - kom slegs in Madagaskar, Aldabra, Astove, Assumption en die Cosmoledo-eilande voor.

Habitat

Die hoofhabitat is savanneboswêreld, maar hierdie wydverspreide spesie word ook in reënwoude, grasvelde en stedelike gebiede aangetref, ek selfs ook in besproeide areas in woestyne.[1]

Kenmerke

Die bokant van die vlerke is swart met 'n opvallende blou kol en rooi oogkolle, en wit merke aan die buitekant van die vlerke. Die onderkant van die agtervlerke is bruin, en dié van die voorvlerke bruin met wit merke. Die vlerkspan van die mannetjie is 40 – 50 mm, en dié van die wyfie is 48 – 52 mm.[4]

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Blougesiggie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die blougesiggie (Junonia oenone), is 'n vlinder wat behoort tot die familie van vierpootskoenlappers (Nymphalidae). In Engels staan dit bekend as die Blue pansy.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF