dcsimg

Geelgesiggie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

'n Geelgesiggie (of Yellow pansy soos dit in Engels bekend staan),[3] is 'n vlinder, Junonia hierta, en behoort tot die familie van Vierpootskoenlappers (Nymphalidae).

Voorkoms

Die vlerkspan van die wyfie is 40-45 mm en dié van die mannetjie is 40-50 mm.[3] Die mannetjie se bovlerk is heldergeel en swart, met 'n groot helderblou kol in die swart area van die agtervlerk. Die ondersy van die voorvlerk is liggeel en die agtervlerk is grysgeel aan die ondersy. Die wyfie is soortgelyk, hoewel haar kleure dowwer, en die blou kol op die agtervlerk kleiner is.[4]

Verspreiding

Die skoenlapper is 'n savanne-spesies met migrasievermoë, en een van die mees wydverspreide vlinders in Afrika, waarskynlik teenwoordig in al die Afrika-lande. Dit word ook in die suide van Arabië, Indië en Suidoos-Asië aangetref, maar aldaar in subspesies wat duidelik verskil.[3]

Habitat

Droë en vogtige savanne asook subtropiese en droë tropiese grasveld.[4]

Sien ook

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Geelgesiggie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

'n Geelgesiggie (of Yellow pansy soos dit in Engels bekend staan), is 'n vlinder, Junonia hierta, en behoort tot die familie van Vierpootskoenlappers (Nymphalidae).

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF