dcsimg

Perdagtiges ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Perdagtiges (Equidae) is 'n familie van onewehoewige soogdiere. Die familie het nog net een lewende genus, naamlik Equus. Al die perde, donkies en sebras behoort aan die genus. Spesies van die genus kan verbaster, maar die nageslag is gewoonlik steriel.

Wilde perdaftiges kom nog op grasvlaktes in oostelike en suidelike Afrika, asook in Sentraal-Asië voor. Verwilderde perde word ook in Amerika en Australië aangetref. Twee spesies, die perd en donkie, is suksesvol gedomestikeer en word wêreldwyd (hoofsaaklik as las- en rydiere) aangehou.

Die huidige spesies is almal medium tot groot herbivore. Hulle het lang pote, elk met 'n enkele hoef, lang nekke en koppe. Die ore is groot en omhoog gerig. Al die spesies het maanhare en 'n lang stert. Hulle kom in 'n verskeidenheid van kleure voor. Die mannetjies is groter as die wyfies.

Perdagtiges leef hoofsaaklik van gras, maar hulle vreet ook ander plantmateriaal, soos blare, takkies en wortels. Hulle is groepsdiere. Sommige spesies (veral die bontkwagga) wei soms in gemengde troppe saam met ander hoefdiere.

Spesies

  • Equus ferus - die wildeperd
  • Equus africanus - die donkie
  • Equus hemionus - die onager
  • Equus kiang - die kiang
  • Equus quagga - die bontkwagga
  • Equus zebra - die bergkwagga
  • Equus grevyi - Grevy se sebra

Fotogalery

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Perdagtiges: Brief Summary ( Afrikaans )