dcsimg

Laeveld-kurper ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Laeveldkurper (Serranochromis meridianus) is 'n varswatervis wat voorkom in die Sabierivier en kusmere van suidelike Mosambiek en die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Lowveld largemouth.

Voorkoms

Die volwasse visse is olyfbruin tot geel met gelerige vinne en donkerrooi kolletjies. Die mannetjie se dorsalevin se rant is geel en die anale vin het oranje eierkolletjies op. Die onvolwasse vissie is bruin aan die bokant, silwer aan die sye en die onderkant. Daar is swart vertikale strepe oor die lyf en die middel van die skubbe is rooi en daar is donker rooi-swart kolletjies op die dorsale-, stert- en anale vinne. Die vis word tot 31 cm lank en weeg ongeveer 1,2 kg.

Habitat

Die vis leef in staande water of poele waar die water stadig vloei met min plantegroei in en floreer in beskermde water. Die vis vreet klein vissies, insekte en ander ongewerweldes, insluitende slakke. Die mannetjie maak 'n nes skoon en trek voornemende wyfies aan met 'n bewerasie vertoning. Die eiers word met 'n reeks pogings gelê en dan bevrug alvorens die wyfie dit bymekaar maak om uit te broei.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Laeveld-kurper: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Laeveldkurper (Serranochromis meridianus) is 'n varswatervis wat voorkom in die Sabierivier en kusmere van suidelike Mosambiek en die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Lowveld largemouth.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF