dcsimg

Oranjerand-kurper ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Oranjerand-kurper (Chetia brevis) is 'n vis wat voorkom in die Komatirivier-stelsel in Mpumalanga en kusmere in Mosambiek. Die vis word tot 150 mm lank en staan in Engels bekend as Orange-fringed river bream.

Voorkoms

Die vis het 'n groot kop en bek en is olyfbruin. Die sye is turkoois en die skubbe se basisse is baksteenrooi. Die onderkant van die vis is wit en daar is 8-9 donker, vertikale bane op die lyf. Die dorsale vin het oranje kolle op en die rante is ook oranje. Op die stertvin is daar oranje blokkies en die rant is ook oranje. Die mannetjie se analvin het groot oranje kolle op wat in twee rye gerangskik is. Die vis word tot 150 mm lank.

Habitat

Die vis leef in poele of staande water en floreer in beskutte water. Hulle vreet water insekte en klein vissies. Die vis is 'n mondbroeier, die wyfie dra die eiers en larwes in haar mond rond.

Bewaringstatus

Die vis word bedreig; besoedeling en water ontrekking bedreig die vis. Die vis is suksesvol gevestig in die damme van die Krugerwildtuin.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Oranjerand-kurper: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Oranjerand-kurper (Chetia brevis) is 'n vis wat voorkom in die Komatirivier-stelsel in Mpumalanga en kusmere in Mosambiek. Die vis word tot 150 mm lank en staan in Engels bekend as Orange-fringed river bream.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF