dcsimg
» Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes » » Catfishes »

旗尾盘唇鲿

Chiloglanis anoterus Crass 1960

Wimpelstert-suierbekkie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Wimpelstert-suierbekkie (Chiloglanis anoterus) is 'n varswatervis wat endemies is aan die Pongola- en Nkomatirivier in Suider-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Pennant-tailed suckermouth.

Voorkoms

Die mondskyf is groot en die baarde korterig en die dorsale vin is eweneens kort. By die mannetjies is die middelste strale van die stertvin langer as die res (die wimpelstert) van die stert terwyl die wyfies se stert holrond is. Die vis is bruin tot swart van kleur met ligbruin vlekke en rye vertikale lyne op die rug. Die vis word tot 90 mm groot.

Habitat

Die vis bly in rotsagtige gedeeltes en versnellings in die gemelde riviere en vreet insekte. Die stekels in die vinne beskerm die vis teen roofvisse soos forelle. Die vis broei gedurende die somer en die mannetjies is kleiner as die wyfies. Hulle word ongeveer 2 - 3 jaar oud.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Wimpelstert-suierbekkie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Wimpelstert-suierbekkie (Chiloglanis anoterus) is 'n varswatervis wat endemies is aan die Pongola- en Nkomatirivier in Suider-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Pennant-tailed suckermouth.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF