dcsimg

Kariba-kurper ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kariba-kurper (Oreochromis mortimeri) is 'n varswatervis wat in die middelste gedeelte van die Zambezirivier en die Luangwarivier, 'n sytak van die Zambezirivier, voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Kariba tilapia.

Voorkoms

Die vis is helder olyfblou of bronskleurig en die keelgedeelte is dofgroen of swart. Mannetjies ontwikkel 'n konkawe kopprofiel. Die vis word tot 43 cm lank en weeg dan 4 kg. Die Zimbabwe-hengelrekord is 3.43 kg. Die vis lyk baie soos die bloukurper.

Habitat

Die vis leef in beskermende en stil water van groot riviere. Hulle vreet alge, diatome, detritus, insekte en soöplankton. Hulle broei feitlik die hele jaar; elke wyfie lewer verskeie kleintjies op 'n slag. Die mannetjie maak 'n pieringvormige nes.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kariba-kurper: Brief Summary ( Afrikaans )