dcsimg
Image of Smallmouth yellowfish
» Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes »

Smallmouth Yellowfish

Labeobarbus aeneus (Burchell 1822)

Kleinbek-geelvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kleinbek-geelvis (Labeobarbus aeneus) is 'n varswatervis wat natuurlik voorkom in die Oranje- en Vaalrivier-stelsels in Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Smallmouth yellowfish.

Voorkoms

Daar is twee pare baarde om die mond. Die vis is silwerkleurig met swart vlekke op wanneer dit onvolswasse is en die volwasse vis is goud-olyfbrons aan die bokant en roomkleurig aan die onderkant. Die anale vin het 'n oranje skakering. Die vis word tot 50 cm lank en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 7.837 kg.

Verspreiding

Alhoewel die vis natuurlik in die Oranje- en Vaalrivier-stelsels voorkom is dit ook gevestig in die Gourits-, Groot-Kei-, Limpopo- en die Groot-Visriviere. Dit kom ook voor in die Mutirikwedam in Zimbabwe.

Habitat

Hulle verkies helder, vinnigvloeiende riviere om in te leef maar word ook in groot damme gevind en kom by groter hoogtes bo seevlak voor as die Grootbek-geelvis. Hulle broei in die lente of vroeë somer net na die eerste groot reën. Daarna migreer die wyfies stroom-op om hul eiers te lê.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kleinbek-geelvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kleinbek-geelvis (Labeobarbus aeneus) is 'n varswatervis wat natuurlik voorkom in die Oranje- en Vaalrivier-stelsels in Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Smallmouth yellowfish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF