dcsimg
Image of Kwazulu-natal Yellowfish
» Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes »

Kwazulu Natal Yellowfish

Labeobarbus natalensis (Castelnau 1861)

KwaZulu-Natalse geelvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die KwaZulu-Natalse geelvis (Labeobarbus natalensis) is 'n varswater vis wat natuurlik voorkom in KwaZulu-Natal vanaf die Umtamvunarivier noordwaarts tot by die Mkuzerivier. In Engels staan die vis bekend as die KwaZulu yellowfish.

Voorkoms

Die baarde om die mond is goed ontwikkel. Die kleur van die vis wissel en hang af van die water se helderheid. Die jong vissie is silwer kleurig met onreëlmatige donker kolle op. Die onvolwasse vis verloor die donker kolle maar bly silwerkleurig. Die volwasse vis is olyf kleurig aan die bokant, die sye is brons en die vis is roomkleurig aan die onderkant. Die vis word tot 638 mm lank en die Suid-Afrikaanse hengel rekord is 4.628 kg en opgestel gedurende Oktober 1956.

Habitat

Die vis leef in 'n verskeidenheid habitatte; van poele en stroomversnellings in helder strome tot dieper, stil water van groot riviere en mere. Die onvolwasse vissies bly in vlak water in skole saam. Die vis neig om stroom-op te migreer gedurende die somer en gaan dan weer stroom-af gedurende die winter. Hulle vreet alge, detritus, krappe en insekte. Die wyfie lê haar eiers op gruisbeddings gedurende die somer nadat sy stroom-op beweeg het. Die mannetjie bereik volwassenhied na ongeveer 'n jaar as hulle 100 mm lank is en die wyfie na twee jaar as hulle sowat 150 mm groot is.

Sien ook

Bron

Eksterne Skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

KwaZulu-Natalse geelvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die KwaZulu-Natalse geelvis (Labeobarbus natalensis) is 'n varswater vis wat natuurlik voorkom in KwaZulu-Natal vanaf die Umtamvunarivier noordwaarts tot by die Mkuzerivier. In Engels staan die vis bekend as die KwaZulu yellowfish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF