dcsimg
Image of Clanwilliam Yellowfish

Clanwilliam Yellowfish

Labeobarbus capensis

Clanwilliam-geelvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Clanwilliam-geelvis (Labeobarbus capensis) is 'n varswatervis wat natuurlik voorkom in die Olifantsrivier van Namakwaland. In Engels staan dit bekend as die Clanwilliam yellowfish.

Voorkoms

Die vis het twee pare baarde om die mond. Die onvolwasse visse is silwerkleurig met donker vlekke en die volwasse visse is goudkleurig. Die vis word tot 987 mm lank en weeg 10 kg. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 5,679 kg.

Habitat

Hulle verkies diep poele en die strome van groter sytakke om in te leef en is omnivore. Hulle eet alge en waterongewerweldes soos insekte, slakke en krappe. Groter visse eet ook paddas en klein vissies. Die spesie broei in die somer; die wyfie swem stroomop om haar eiers te lê.

Voortbestaan

Die vis se voortbestaan word bedreig deur damme en die invoer en vrylating van karp, 'n uitheemse vis, en word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Clanwilliam-geelvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Clanwilliam-geelvis (Labeobarbus capensis) is 'n varswatervis wat natuurlik voorkom in die Olifantsrivier van Namakwaland. In Engels staan dit bekend as die Clanwilliam yellowfish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF