dcsimg

Bosveld kleinskub-geelvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Bosveld kleinskub-geelvis (Labeobarbus polylepis) is 'n varswater vis wat natuurlik voorkom in die Limpopo-, die Imkomati- en die Pongolarivier-stelsels. In Engels staan die vis bekend as die Bushveld smallscale yellowfish.

Voorkoms

Daar is twee pare baarde om die mond. Die onvolwasse visse is silwerkleurig met donker kolle op en die volwasse visse is donker olyf-groen aan die bokant, brons op die sye en roomkleurig aan die onderkant. Al die vinne is donker grys-groen. Die vis word tot 460 mm lank en weeg 6.8 kg. Die Suid-Afrikaanse hengel rekord is 6.18 kg.

Habitat

Die vis verkies om in koeler water te leef en kom nie voor op hoogtes wat laer as 600 m bo seevlak is nie. Hulle verkies diep poele en vinnig vloeiende water van permanente riviere en damme. Hulle eet alge in die winter en insekte maar ook slakke, krappe en kleiner visse gedurende die somer. Die wyfie lê eiers gedurende die lente en somer. Die mannetjie word volwasse wanneer hulle sowat 170 mm lank is en die wyfie 300 mm. Die wyfies word gewoonlik langer as die mannetjies. Dit is 'n gewilde hengelvis.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bosveld kleinskub-geelvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Bosveld kleinskub-geelvis (Labeobarbus polylepis) is 'n varswater vis wat natuurlik voorkom in die Limpopo-, die Imkomati- en die Pongolarivier-stelsels. In Engels staan die vis bekend as die Bushveld smallscale yellowfish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF