dcsimg

Langvin-kurper ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Langvinkurper (Serranochromis longimanus) is 'n varswatervis wat voorkom in die Okavangodelta en boonste gedeelte van die Zambezirivier. In Engels staan die vis bekend as die Longfin largemouth of die Longfin largemouth bream.

Voorkoms

Die Langvinkurper se kop is gepunt met groot en bek. Daar is twee rye tande in die bokaak en die tandplaat is lank en dun met skerp tande.

Die vis het 'n ovaal vorm en kenmerkende kleur. Die agtergrond is silwerig-wit en daar is groot swart vlekke op die kop, 5-6 vertikale strepe oor die lyf en die vinne is dof met ligter kolle op.

Die rugvin is lank en besonder hoog. Die stertvin is rond. Die anale vin van die mannetjie het donker rooi oogvlekke op. Die buikvinne is lank en raak die anale vin. Die borsvinne is baie lank en raak die anale vin maklik en is 33-40% van die liggaamslengte (van die snoet tot voor die stert).

Die skubbe is grof en daar is 35 op die systreep.

Langvinkurpers word tot 30 cm lank.

Habitat

Langvinkurpers is uiters skaars en leef in permanente vloedvlakte mere en stiller waters met goeie waterplantbedekking.

Hulle is veral gedurende die nag aktief en vreet klein vissies en insekte. Hulle kan aangekeer word met erdwurms of kunsaas soos klein swaailemme.

Identifikasie

Die langvinkurper word maklik met die perskop-kurper verwar. Die groot verskil waaraan hy dan uitgeken word is sy lang vinne, veral die borsvinne wat maklik by die begin van die anale vin verby moet steek.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

  1. Regan, C. T. 1920. The classification of the fishes of the family Cichlidae.--I. The Tanganyika genera. Ann. Mag. Nat. Hist. (Ser. 9) v. 5 (núm. 25): 33-53.
  2. BioLib (en)
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Langvin-kurper: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Langvinkurper (Serranochromis longimanus) is 'n varswatervis wat voorkom in die Okavangodelta en boonste gedeelte van die Zambezirivier. In Engels staan die vis bekend as die Longfin largemouth of die Longfin largemouth bream.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF