dcsimg
Image of cephalopods
» Animals » » Molluscs

Cephalopods

Cephalopoda Cuvier 1795

Koppotige ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Koppotiges of inkvisse (Cephalopoda) is 'n klas seediere wat tot die orde van weekdiere (Mollusca) behoort. Hierdie klas sluit inkvisse en seekatte in.

Die inkvisse, seekatte en nautili, wat almal deel uitmaak van die klas Cephalopoda (koppotiges), is ’n hoogs ontwikkelde groep see weekdiere (phylum Mollusca). In baie opsigte kan hulle as die mees gevorderde groep lewende ongewerwelde diere beskou word. Die klas word deur slegs 130 lewende genera en 650 spesies verteenwoordig en dit lyk of die groep stadig maar seker minder word omdat sowat 10000 fossiel-spesies bekend is.

Die grootste lewende ongewerwelde dier, die reuse-pylinkvis (Arehiteuthis), behoort tot hierdie groep. Hierdie dier kan 20 m lank word (insluitende die tentakels). Die kleinste koppotige dier, die inkvis Idiosepius, is skaars 2,5 cm lank. Hoewel die koppotige diere deel van die phylum Mollusca (weekdiere) uitmaak, toon hulle heelwat afwykinge van die algemene beeld van hierdie groep. In teenstelling met die stereotipe beeld van weekdiere as diere wat stadig voortbeweeg, is die koppotige diere vinnig bewegende roofdiere wat hoofsaaklik in die diepsee lewe.

Nog ’n afwyking is die dier se goed ontwikkelde oë en hoë intelligensie. Met die uitsondering van die nautili het die koppotige diere geen uitwendige skulp nie. Die Koppotiges gebruik hulle 8 of 10 suierdraende arms om voedsel mee te vang. Die nautilus het egter sowat 90 tentakels. Uniek by die koppotige diere is die "bek” om die mondopening. Met hierdie papegaaiagtige chitienbek word stukke kos afgebyt. Die inkvisse, seekatte en hul verwante behoort tot die phylum Mollusca (weekdiere). Omdat hierdie diere se arms direk aan hul kappe vasgeheg is, word hulle die koppotiges (Cephalopoda) genoem. Die grootste en intelligentste ongewerwelde diere behoort tot hierdie klas. Omdat die koppotige diere in groot getalle voorkom, vorm hulle een van die grootste potensiële voedselbronne van die see. Die diere word in baie wêrelddele geëet en is ook indirek vir die mens van belang omdat hulle 'n groot deel van die potvis en ander kleiner walvisse se dieet vorm.

Bou

 src=
Octopus marginatus
 src=
Octopus vulgaris Merculiano

Die liggaam van die koppotige dier bestaan uit 'n kop met vangarms aan. Die liggaamsgrootte van volwasse koppotiges kan baie varieer. Die kleinste inkvis, Idiosepius, is skaars 2,5 cm lank, terwyl sommige reuse-inkvisse (die Architeuthis-spesies) tot 20 m lank kan word. Die romp van hierdie reuse-diere is sowat 6 m lank, terwyl die arms 3 tot 4 m lank kan word. Daarbenewens het die reuse-pylinkvis twee tentakels wat 14 m lank is. Hierdie tentakels is waarskynlik verantwoordelik vir die legendes van reuse-seeslange. Die meeste Koppotiges se vel kan vinnig van kleur verander vanweë die chromatofore van verskillende kleure wat in die vel aanwesig is.

Die chromatofore is stervormige epidermisselle wat kleurstof (pigment) bevat. Die selle kan vergroot en saamtrek en daardeur die kleure meer of minder opvallend maak. Dit stel die dier in staat om die kleur van sy omgewing aan te neem (skutkleur). Ook bepaalde "emosies" kan die koppotige dier van kleur laat verander. 'n Kenmerkende orgaan by alle weekdiere (Mollusca) is die voet. By die Koppotiges is dit egter gewysig tot vangarms en 'n tregter (hewel). Die tregter word gebruik vir die uitskeiding van die afval, ink en eiers. Hierdie orgaan, wat soos 'n buis by die mantelholte uitsteek, kan ook vir voortbeweging gebruik word. Die vangarms het gesteelde, gespierde en beweeglike suierplaatjies.

Sommige koppotige diere besit naas hul agt vangarms ook twee tentakels, met ander woorde 10. Op die tentakels kom die suierapparaat slegs op die breë punte voor. Soms is die horingagtige rande van die suiers gewysig tot hake. By die groter pylinkvisse kan die suiers 'n deursnee van 20 cm bereik. Tussen die vangarms lê die mond met twee horingagtige kake, in die vorm van 'n papegaai se snawel, wat gebruik word om gepantserde prooi (soos krappe) in stukke te byt. In die mond is twee paar speekselkliere en ’n raspertong (radula) met sewe klein tandjies per dwarsry. Soos in die geval van alle vleiseters is die dermkanaal kort en voorsien van ’n middel derm-spysverteringsklier. Die koppotige diere het goed ontwikkelde oë wat met die van die werweldiere vergelyk kan word. Die aanpassing (skerpstelling) van die oog geskied deur die verandering van die ooglens se posisie. By die grootste pylinkvisse kan die oog 40 cm in deursnee wees. Die dier se ewewigsin sowel as die tassin in die arms is ook goed ontwikkel. Die senuknope (ganglia) van die senustelsel is in die kop geleë en deur kopkraakbeen omhul. Die senustelsel bestaan onder meer uit 'n aantal baie groot senuselle.

Hierdie reuse-neurone speel 'n belangrike rol in neurofisiologiese navorsing. Die liggaam van die koppotige dier word omhul deur 'n mantel wat 'n aantal organe beval. Die inksak skei die ink van die inkklier deur die rektum en tregter uit. Die ink is bruinswart en bevat die pigment melanien. Vroeër is hierdie pigment as 'n kommersiële kleurstof bemark (sepia). Die koppotige diere in die diepsee skei nie ink af nie, maar skei soms 'n liggewende vloeistof af. Suurstof word deur die kieue, wat in die mantelholte geleë is, opgeneem. Die gereelde sametrekking van die mantel lei daartoe dat vars water deurentyd die mantelholte binnestroom. Die Koppotiges het 'n geslote bloedvatstelsel en blou bloed. Die blou kleur word veroorsaak deur die aanwesigheid van hemosianien, wat die asemhalingspigment is. Die dier het 2 niere. Die uitwendige skulp, wat so kenmerkend vir bykans alle weekdiere is, is by die egte pyl-inkvisse, inkvisse en seekatte afwesig. Die nautilus (subklas Nautiliodea) het egter wel 'n uitwendige skulp. Dikwels het die koppotige diere inwendige skulpe, maar soms is die skulp onontwikkel (onvolledig) of heeltemal afwesig.

Die struktuur en vorm van die inwendige skulp verskil by die verskillende inkvisse en seekatte. Die skulp van die inkvis (genus Sepia) bestaan uit kalklamelle wat dig teenmekaar Iê. By die genus Spirula bestaan die skulp uit 'n gedraaide kalkbuisie wat slegs enkele senitimeters lank is en deur tussenskotte in kamertjies (kompartemente) verdeel word. By die pylinkvisse (genus Loligo) is die skulp tot 'n horingagtige, lang slag veer of pen gereduseer en by die genus Octopus het die skulp bykans verdwyn. Die skulp van die wyfie-papiernautilus (Argonauta argo) kan anatomies nie met die skulp van ander koppotiges vergelyk word nie. Hierdie dier se skulp is gevorm uit twee van die dier se arms en funksioneer as bergplek vir die eiers.

Lewenswyse

Die Koppotiges (Cephalopoda) is roofdiere wat alleen of in groepe lewe. Vir jagdoeleindes gebruik hulle hul vangarms, tentakels, hake en 'n gifklier (wat by sommige koppotige diere aanwesig is) vir die vang van hul prooi. Tog het die eeue-oue vrees van die mens vir gevaarlike seekatte ongegrond geblyk te wees. Die koppotige diere beweeg deurdat hulle kruip, swem of deur middel van straalaandrywing voortbeweeg (hoofsaaklik laasgenoemde).

Deurdat die dier sy mantel saamtrek en verslap word 'n bewegende waterstroom veroorsaak deur die water wat in die mantelholte ingetrek word en dan weer deur die tregter uitgestoot word. Die vinnige uitstoot van 'n stroom water stel die dier in staat om vinnig vorentoe of agteruit te beweeg. Pylinkvisse het voorts ook vinne wat gebruik word vir stadige beweging of om in die water te hang. Die meeste inkvisse en seekatte is vleisetend en lewe hoolsaaklik van skaaldiere en vissies. Die pylinkvis Illex het 'n buitengewone voedselsiklus: die volwasse pylinkvisse eet klein makriele, terwyl die volwasse makriele weer klein pylinkvissies eet. Pylinkvisse het dikwels ook kannibalistiese neigings. Die seekatte eet graag tweekleppige weekdiere en tienpotige skaaldiere en kan so die kreefnywerheid groot skade berokken.

Die koppotige diere is weer op hulle beurt die prooi van dolfyne, potvisse, haaie, rogge, robbe en pikkewyne. Ter verdediging teen sy vyande kan die inkvis of seekat sy ink soos 'n rookgordyn in die water spuit of baie vinnig die kleur van sy omgewing aanneem. Die diere kan ook verbasend vinnig wegvlug. Alle koppotige diere lewe in die see, van die tropiese tot die poolseë, en word in vlak kuswaters en in die diepsee aangetref. Enkele spesies, soos die Spirula spirula en die gewone seekat (Octopus vulgaris), kom dwarsoor die wêreld voor.

Voortplanting

By die inkvisse is die geslagte (manlik en vroulik) geskei. Die mannetjies is dikwels kleiner as die wyfies. By die genus Argonauta is die mannetjies so klein in vergelyking met die wyfie dat daar van dwergmannetjies gepraal word. Tydens paring plaas die mannetjie pakkies sperm selle (spermatofore) in die wyfie se liggaam. Hierdie handeling word met een van sy arms, die hektokotilus-arm, wat spesiaal daarvoor toegerus is, gedoen. By die Argonauta en die Tremoctopus is die arms baie gewysig en word die arm tydens paring deur die mannetjie losgelaat en in die wyfie se mantelholte gelaat. Sommige spesies van die koppotige diere vertoon broeisorg. Uit die eiers word klein koppotige diertjies gebroei wat vir 'n tydlank vryswemmend lewe.

Indeling

Die koppotige diere word in twee subklasse ingedeel, naamlik die Nautiloidea (nautilus) en die Coleoidea (seekatte, pylinkvisse en inkvisse). Die Nautiloidea (nautilus) het 'n uitwendige skulp wat op een vlak gedraai is en deur inwendige tussenskotte (septa) in kompartemente verdeel is. Die hedendaagse nautilus (genus Nautilus) word in die suidwestelike deel van die Stille Oseaan gevind tot op 'n diepte van 600 m. Hulle is ook vleiseters wat hoofsaaklik van kreef lewe.

Die nautilus se skulp is uit twee lae aragoniet, 'n vorm van kalsiumkarbonaat, opgebou. Die buitenste laag is wit met bruin strepe, terwyl die binneste laag en die septa uit perlemoer bestaan. Soms word daar 'n pêrel in die skulp gevorm. Die dier se sowat 90 tentakels het geen suiers nie. Vier tentakels van die mannetjie is saamgegroei tot 'n keëlvormige orgaan, die spadiks. Hiermee plaas die mannetjie die pakkies spermselle in die wyfie se liggaam en bevrug haar. Die eiers word een vir een gele en is ongeveer 4 cm groot. Die nautilus het geen inkklier nie. Die Coleoidea se skulpe is inwendig, gereduseer of heeltemal afwesig. Die diere het gewoonlik 2 paar kieue, en 8 of 10 arms wat suiers of hake dra.

Die subklas Coleoidea word in vier ordes ingedeel, te wete die Sepioidea (inkvisse en bottelstert-pylinkvisse), die Teuthoidea (pyl-inkvisse), die Vampyromorpha en die Octopoda (seekatte). Die Sepioidea het agt vangarms en twee tentakels waarop geen suiers voorkom nie. Organismes van hierdie orde het 'n inwendige skulp en die mantel is van vinne voorsien. 'n Verteenwoordiger van hierdie orde is die Spirula spirula, wat tot die familie Spirulidae behoort en in diep water in die tropiese en subtropiese seë voorkom. Die klein dwerginkvisse behoort tot die familie Sepiolidae. Die pyl-inkvisse (familie Loliginidae) het ’n liggaam met pylvormige vinne. In die noordelike seë lewe die reuse-pylinkvis (familie Architeuthidae). In die diepsee lewe die Bathyteuthidae, wat gekenmerk word deur liggewende organe. Vlieënde inkvisse (genus Onychoteuthis) kan klein afstande bo die water sweef. Koppotige diere van die orde Octopoda het gewoonlik 8 arms. Gesteelde suiers kom op hierdie diere se arms voor. Die diere het geen uitwendige skulp nie. Tot die familie Octopodidae behoort die seekat (Octopus vulgaris).

Bronne

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Koppotige: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Koppotiges of inkvisse (Cephalopoda) is 'n klas seediere wat tot die orde van weekdiere (Mollusca) behoort. Hierdie klas sluit inkvisse en seekatte in.

Die inkvisse, seekatte en nautili, wat almal deel uitmaak van die klas Cephalopoda (koppotiges), is ’n hoogs ontwikkelde groep see weekdiere (phylum Mollusca). In baie opsigte kan hulle as die mees gevorderde groep lewende ongewerwelde diere beskou word. Die klas word deur slegs 130 lewende genera en 650 spesies verteenwoordig en dit lyk of die groep stadig maar seker minder word omdat sowat 10000 fossiel-spesies bekend is.

Die grootste lewende ongewerwelde dier, die reuse-pylinkvis (Arehiteuthis), behoort tot hierdie groep. Hierdie dier kan 20 m lank word (insluitende die tentakels). Die kleinste koppotige dier, die inkvis Idiosepius, is skaars 2,5 cm lank. Hoewel die koppotige diere deel van die phylum Mollusca (weekdiere) uitmaak, toon hulle heelwat afwykinge van die algemene beeld van hierdie groep. In teenstelling met die stereotipe beeld van weekdiere as diere wat stadig voortbeweeg, is die koppotige diere vinnig bewegende roofdiere wat hoofsaaklik in die diepsee lewe.

Nog ’n afwyking is die dier se goed ontwikkelde oë en hoë intelligensie. Met die uitsondering van die nautili het die koppotige diere geen uitwendige skulp nie. Die Koppotiges gebruik hulle 8 of 10 suierdraende arms om voedsel mee te vang. Die nautilus het egter sowat 90 tentakels. Uniek by die koppotige diere is die "bek” om die mondopening. Met hierdie papegaaiagtige chitienbek word stukke kos afgebyt. Die inkvisse, seekatte en hul verwante behoort tot die phylum Mollusca (weekdiere). Omdat hierdie diere se arms direk aan hul kappe vasgeheg is, word hulle die koppotiges (Cephalopoda) genoem. Die grootste en intelligentste ongewerwelde diere behoort tot hierdie klas. Omdat die koppotige diere in groot getalle voorkom, vorm hulle een van die grootste potensiële voedselbronne van die see. Die diere word in baie wêrelddele geëet en is ook indirek vir die mens van belang omdat hulle 'n groot deel van die potvis en ander kleiner walvisse se dieet vorm.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Cephalopoda ( Asturian )

provided by wikipedia AST
"
Reconstrucción de Cameroceras del Ordovícicu.
"
Nautilus, un fósil viviente.

Los cefalópodos (Cephalopoda, del griegu κεφαλή (kephalé), "cabeza" y ποδός (podós), "pie" → pies na cabeza) son una clase d'invertebraos marinos dientro del filu de los moluscos. Esisten unes 700 especies, comúnmente llamaos pulpos, calamares, sepias y nautilos.[1] Toos pertenecen a la subclase coleoidea, a esceición del nautilos, perteneciente a la subclase Nautilina.

Carauterístiques

Nos cefalópodos el pie carauterísticu de los moluscos apaez al pie de la cabeza, diversificáu en dellos tentáculos, dende 8 nos pulpos hasta los 90 que pueden tener los nautilos. Nésti postreru nun esisten ventoses nos tentáculos.

Dalgunos d'estos tentáculos (en coloideos) modificáronse n'estructures reproductives llamaes espádices que cumplen el rol d'introducir espermatóforos (sacos llenos d'espelma) nel cuévanu paleal de la fema. La concha tiende a amenorgase, faese interna o sumir, según la especie. Cuando tienen una concha bien desenvuelta, ta estremada en cámares separaes por septos y l'animal habita la última cámara (la más recién). Nos coloideos, cuando esiste, ye interna y estrémase en 3 zones; dende la rexón caudal a la cefálica estes son cara, fragmocono (tabicado) y proóstraco, cada unu con desenvolvimientu variable en cada grupu. En nautiloideos ye esterna, planoespiral y tabicada na so totalidá.

Les xibies o sepias, al pie de los nautilos, siguen el mesmu sistema natatoriu que los sos antepasaos, enllenando de gas ciertes partes de la so concha pa llexar. Los calamares naden per mediu de la flotación dinámica, similar a los tiburones, con una propulsión a reacción d'agua bien afinada. El restu de cefalópodos que viven alloñaos de la superficie desenvolvieron un sistema químicu de flotación, enllenando de compuestos amoniacales o aceites los espacios del so cuerpu; al ser éstes sustances menos trupes que l'agua, llexen.

Los cefalópodos tienen célules pigmentaries sobre'l mantu llamaes cromatóforos. Diches célules tienen pigmentos que s'espanden o entiesten a voluntá per mediu d'una contraición muscular controlada pol sistema nerviosu. D'esta manera pueden camudar de color en cuestión de segundos pa mimetizarse col espaciu circundante y pasar desapercibíos. Tamién usen esta capacidá pa comunicase ente ellos per mediu de la so coloración y gracies a la so aguda visión.

Tienen un complexu sistema nerviosu, con unos ganglios alredor del esófagu que formen un auténticu celebru. El celebru alcuéntrase estremáu en dos porciones, llamaes masa supraesofágica y masa subesofágica según la so posición respeuto al esófagu, anque dambes partes tán xuníes por conectivos. Una traza particular y esclusivo de los cefalópodos ye que'l celebru alcuéntrase arrodiáu por una masa o caxa cartilaxinosa nun intentu evolutivu de formar un craniu. Munchos cefalópodos tienen comportamientos de fuxida rápidos que dependen d'un sistema de fibres nervioses motores xigantes que controlen les contraiciones potentes sincróniques de los músculos del mantu, lo que dexa la salida a presión de l'agua del cuévanu paleal. El centru de coordinación d'esti sistema ye un par de neurones xigantes de primer orde (formaes pola fusión de ganglios viscerales) que dan a neurones xigantes de segundu orde, y estes estiéndense hasta un par de grandes ganglios estrellaos. D'estos ganglios estrellaos unes neurones xigantes de tercer orde inervan les fibres musculares circulares del mantu. Neurólogos de tol mundu esperimentaron con pulpos a lo llargo del sieglu XX y detectóse nellos una intelixencia cimera a cualesquier otru invertebráu; son capaces d'atopar la salida d'un llaberintu, abrir botes ya inclusive aprender comportamientos de los sos conxéneres.

El güeyu de los cefalópodos ye un órganu análogu al de los vertebraos, de distintu orixe evolutivu y embrionariu, pero per converxencia dambos son bien paecíos. Los cefalópodos tienen el güeyu más desenvueltu de tolos invertebraos ya inclusive anden a la tema col de los vertebraos.

Tienen un cuerpu musculoso y flexible, propiedá que s'intensifica nos pulpos, que son capaces d'escondese n'espacios 10 vegaes más pequeños qu'el so cuerpu.

Tienen oyíu a baxes frecuencies, como los mamíferos marinos, que-yos dexa alcontrar a los sos depredadores más allá del so campu visual.

Segreguen un líquidu corito, la tinta, cola qu'enturbien l'agua con oxetu de despintase. La tinta ye un pigmentu que s'almacena na bolsa de la tinta asitiada enriba del rectu y puede ser espulsáu al traviés del sifón.

Nel metabolismu d'esti grupu ye destacable la importancia del llogru d'enerxía a partir de la metabolización de proteínes, lo que nun ye una gran ventaya evolutiva frente a otros grupos de la so redolada como los pexes, qu'aferruñen les grases del so texíu adiposo. Aun así esto paez ser ye una de les carauterístiques que-yos dexó conquistar hábitats tan esclusivos como son les grandes fondures, onde a exemplares de gran tamañu son predados por calderones, zifios y cachalotes. Tamién esta carauterística metabólica ta rellacionada coles propiedaes nutritives cuando ye d'esti grupu ye utilizáu n'alimentación humano: so conteníu graso, altu conteníu proteico, y n'ocasiones sabor amoniacal pola presencia de bases nitrogenadas, restos de la mentada metabolización proteica.

Evolución

"
Fósil d'amonite.

Los cefalópodos #dixebrar del restu de los moluscos fai alredor de 500 millones d'años (Cámbricu Mediu), cola apaición de los primeros moluscos capaces d'enllenar ciertes partes de la so concha de gas pa llexar. Ésta nueva capacidá natatoria, qu'entá anguaño caltienen delles especies, dexó-yos abandonar el fondu marín al que taben amestaos los moluscos y aportar a nueves rutes trófiques más superficiales.[1]

Los últimos descubrimientos indiquen que los cefalópodos aniciáronse abondo antes de lo que se pensaba hasta agora.[2]

Pero éstos primeros cefalópodos, d'hábitat entá próximu a la mariña, fueron movíos al interior del mar por organismos más avanzaos, tales como pexes y reptiles marinos. Otru problema plantegábase-yos: la so vida superficial torgába-yos baxar demasiáu al fondu marín una y bones la so concha nun soportaba la presión de l'agua. Los descendientes con conches más pequeñes podíen baxar más y tener más posibilidaes alimenticies polo que la seleición natural quedos e con aquéllos con concha pequeña, llegando ésta a faese interna o sumir. Aprosimao 470 millones d'años antes de l'actualidá (Ordovícicu Mediu) yá había coleoideos, al pie de una gran gama de cefalópodos escastaos na actualidá.[cita riquida]

Según la teoría del meteoritu cayíu na península de Yucatán fai 65 millones d'años (Cretácicu Cimeru), nesi tiempu la tierra sufrió graves cambeos climáticos que causaron estinciones masives, como la de los dinosaurios. Dichu meteoritu tamién pudo ser causante de la estinción de la mayor parte de los cefalópodos, como los amonites. Tan solo sobrevivieron los coleoideos y los nautiloideos. Por eso dizse que los cefalópodos actuales provienen d'un auténticu llinaxe de supervivientes. Anque agora sían alimentu básico de miles d'especies, nel so momentu tuvieron no más alto de les cadenes trófiques marines.

Taxonomía

"
Reconstrucción de belemnites.
"
Cadabres de calamares ensugándose al Sol en Shimane.

Na actualidá sobreviven unes 700 especies, anque el so númberu amóntase cada añu, quedando entá delles especies vives por afayar. Aparte envalórase que'l númberu d'especies estinguíes ronda les 11.000.[cita [ensin referencies]

Subclase Nautiloidea

Orde Plectronocerida †
Orde Ellesmerocerida †
Orde Actinocerida †
Orde Pseudorthocerida †
Orde Endocerida †
Orde Tarphycerida †
Orde Oncocerida †
Orde Discosorida †
Orde Nautilida (únicu orde non estinguíu) - nautilos
Orde Orthocerida †
Orde Ascocerida †
Orde Bactritida †

Subclase Ammonoidea † - amonites

Orde Goniatitida †
Orde Ceratitida †
Orde Ammonitida †

Subclase Coleoidea

  • Cohorte Belemnoidea † - belemnites
Orde Aulacocerida †
Orde Belemnitida †
Orde Hematitida †
Orde Phragmoteuthida †
  • Cohorte Neocoleoidea (la mayoría de cefalópodos vivos)
Orde Boletzkyida †
Orde Sepiida - sepias
Orde Sepiolida - sepias
Orde Spirulida - sepias
Orde Teuthida - calamares
Orde Octopoda - pulpos
Orde Vampyromorphida - calamares vampiru

Gastronomía

Los cefalópodos son unu de los mariscos más apreciaos. Cómense solos (calamares a la romana, sepia a #planchar, topeto, pulpu a la gallega, etc.) o como ingredientes d'otros platos (paella de mariscu, fideuá, etc.)

Referencies

  1. 1,0 1,1 Young, Richard E., Michael Vecchione, and Katharina M. Mangold (1922-2003). 2008.
  2. Smith, Martin R and Caron, Jean-Bernard (2010), «Primitive soft-bodied cephalopods from the Cambrian», Nature 465: 427–428

Enllaces esternos

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Cephalopoda: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST
" Reconstrucción de Cameroceras del Ordovícicu. " Nautilus, un fósil viviente.

Los cefalópodos (Cephalopoda, del griegu κεφαλή (kephalé), "cabeza" y ποδός (podós), "pie" → pies na cabeza) son una clase d'invertebraos marinos dientro del filu de los moluscos. Esisten unes 700 especies, comúnmente llamaos pulpos, calamares, sepias y nautilos. Toos pertenecen a la subclase coleoidea, a esceición del nautilos, perteneciente a la subclase Nautilina.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST