dcsimg

Krokus ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Krokus, ook bekend as die saffraanblom, is 'n irisagtige sierplant wat uit 'n genus van ongeveer 75 laaggroeiende bolagtige kormusse bestaan. Dit behoort tot die iris familie (Iridaceae) en is inheems in die Alpe, Suid-Europa en die Mediterreense gebiede. Die naam krokus is afgelei van die Griekse woord krokos.

Krokus (Latyn: crocus) is ’n eensaadlobbige plantgenus wat veral baie in Europa aangeplant word vanweë die mooi kelkvormige blomme wat in die vroeë lente oopgaan. Die krokusspesies is stingelloos (ondergronds is dit 'n kormus of stingelknol), die blare is kort en grasagtig en die wit, geel of lilakleurige blomme kom alleen op die kormus voor. Hulle is veral gewilde sierplante in randakkers en plantpotte en vertoon indrukwekkend in groot massas. Die blomme vou saans of tydens bewolkte weer toe. Omdat kormusse van 'n koue winter en 'n koel, nat lente hou, word hulle nie juis in Suid-Afrika gekweek nie.

Hulle blom in die lente en hou van son en goeie grond met baie sand en kompos vir goeie dreinering. Vroeër jare is Crocus sativus op groot skaal gekweek vir gebruik as spesery. 'n Oranjegeel tot oranjebruin poeier, bekend as saffraan, is verkry uit die vars gedroogde stempels en style van die plante. Saffraan is 'n outydse geneesmiddel sowel as 'n kleurstof vir tekstielware. Vandag word dit nog gebruik as geursel vir voedsel en vir die kleur van likeur.

Bron

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Krokus: Brief Summary ( Afrikaans )