dcsimg
Image of Branchioglossum bipinnatifidum
» Plants

Red Algae

Rhodophyta

Rooiwier ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Rooiwiere (klas Rhodophyta) leef veraf in tropiese see en hul naam is afkomstig van hul rooi kleur, wat deur die aanwesigheid van 'n aantal uitsonderlike pigmente veroorsaak word. Hierdie pigmente kan selfs in swak lig fotosinteer. Voortplanting kan geslagtelik of ongeslagtelik wees en sommige spesies is ekonomies belangrik.

Die rooiwiere (klas Rhodophyta) het, soos die ander wiere, geen egte wortels, stingels en blare nie en die hele plantliggaam is uit homogene weefsel opgebou. So 'n struktuur word 'n tallus genoem, en hoewel blaaragtige en stingelagtige strukture by sommige vorme onderskei kan word, is dit nie gedifferensieerde organe nie. Kleurstowwe wat vir elke klas alge kenmerkend is, kom in die selle van die plante voor. In die geval van die rooiwiere word groen chlorofil d, asook rooi karoteen en fikobileen aangetref. Die twee kleurstowwe het die plante se kenmerkende rooi of violet kleur tot gevolg.

Die karoteen en fikobileen absorbeer lig vir fotosintese uit die blou deel van die spektrum, wat dit vir die rooiwiere moontlik maak om op groter dieptes (tot 75 m onder die seeoppervlak) as groenwiere te leef. Die meeste rooiwiere kom in tropiese waters voor en tydens fotosintese word die gevormde glukose omgesit in florideensetmeel, 'n stof wat naby verwant is aan dierlike glikogeen. Die selle van rooiwiere bevat ook 'n ingewikkelde koolhidraat, floridosied, wat ’n verbinding van gliserol en die monosakkaried galaktien is.

Die rooiwiere word in twee subklasse verdeel op grond van die groeiwyse van die tallus en die manier waarop die bevrugte eiersel (sigoot) ontwikkel. Die subklas Bangiophycidae bestaan uit oorwegend eensellige of draadvormige spesies wat nie duidelike groeisones het nie. Die selle het slegs een kern en het stervormige chromoplaste. Lede van die subklas Floridophycidae het gewoonlik 'n meersellige, vertakte tallus en die plante groei deurdat selfstandige selle aan die bopunt van die tallus verdeel. Die selle kan dikwels meerkernig wees en dit bevat ook 'n aantal skyfvormige chromoplaste, wat langs dieselwand gerangskik is.

Voortplanting

Die geslagtelike voortplanting van rooiwiere toon ’n ingewikkelde generasiewisseling en selfs 3 generasies kan mekaar opvolg. Ongeslagtelike voortplanting kan by sommige spesies plaasvind deurdat een gedeelte van die tallus afsnoer en tot 'n nuwe individu ontwikkel.

Rooiwiere plant egter meestal voort deur ongeslagtelike spore, aplanospore, te vorm. Hierdie spore word afsonderlik, in pare of in veelvoude van vier in sporangia gevorm. Geslagtelike voortplanting vind deur oögamie plaas (die versmelting van 'n onbeweeglike eiersel en ’n beweeglike spermsel). Die manlike geslagsel (spermsel) beweeg nie met flagella (sweephare) nie, maar dryf saam met die waterstrome.

Ekonomiese belang

Die selwande van koraalwiere (genus Corallina) bevat groot hoeveelhede kalk. Dooie koraalwiere pak op die seebodem saam en kan met verloop van tyd dik kalkriwwe (wat nie met koraalriwwe verwar moet word nie) vorm. Hierdie riwwe kan as 'n bron van kalk dien.

Lithothamnion calcareum kan in groot getalle in vlak kuswaters aangetref word. Hul selwande bestaan uit 40% kalk en die kalkreste van die dooie plante word deur golfbewegings verbrokkel en in die vorm van ronde, helderwit brokkies (koraalsand) op die strande uitgespoel. Die kalkbrokkies kan as kunsmis en ook by die vervaardiging van sement gebruik word. Rooiwiere is ryk aan talle spoorelemente (mikrovoedingstowwe), veral jodium, wat deur ekstraksie uit die alge verkry kan word.

Die plante is ook 'n bron van algenate, dit wil sê elektriese geleiers wat soute van algiensuur is. Algiensuur is 'n belangrike bestanddeel van rooiwierselwande omdat dit elastisiteit en stewigheid daaraan verleen. Chondrus crispus en Gigartina stellata lewer na ekstraksie ’n stroperige bindmiddel, die algiensuurryke karrageen. Agar-agar is ’n verwante produk wat in veral Japan geproduseer word. Bruinwiere word op drywende bamboestakke gekweek en die agar word na ekstraksie tot 'n poeiervorm uitgedroog.

Indien die gedroogde agar met water verbind, word gelatien gevorm en agar word om die rede veral in mirkobiologiese laboratoria gebruik om bakteriële kulture daarop te kweek. Rooiwiere is 'n bestanddeel van die bekende Japanse en Chinese voëlnessop. Die Skotse gereg "dulse" word uit Rhodymenia palmata voorberei, en Porphyra laciniata is 'n bestanddeel van Walliese "laverbread".

Sien ook

Bronnelys

Verwysings

  1. Yoon, Hwan Su, K. M. Müller, R. G. Sheath, F. D. Ott, y D. Bhattacharya. (2006). Defining the major lineages of red algae (Rhodophyta). J. Phycol. 42:482-492

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rooiwier: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Rooiwiere (klas Rhodophyta) leef veraf in tropiese see en hul naam is afkomstig van hul rooi kleur, wat deur die aanwesigheid van 'n aantal uitsonderlike pigmente veroorsaak word. Hierdie pigmente kan selfs in swak lig fotosinteer. Voortplanting kan geslagtelik of ongeslagtelik wees en sommige spesies is ekonomies belangrik.

Die rooiwiere (klas Rhodophyta) het, soos die ander wiere, geen egte wortels, stingels en blare nie en die hele plantliggaam is uit homogene weefsel opgebou. So 'n struktuur word 'n tallus genoem, en hoewel blaaragtige en stingelagtige strukture by sommige vorme onderskei kan word, is dit nie gedifferensieerde organe nie. Kleurstowwe wat vir elke klas alge kenmerkend is, kom in die selle van die plante voor. In die geval van die rooiwiere word groen chlorofil d, asook rooi karoteen en fikobileen aangetref. Die twee kleurstowwe het die plante se kenmerkende rooi of violet kleur tot gevolg.

Die karoteen en fikobileen absorbeer lig vir fotosintese uit die blou deel van die spektrum, wat dit vir die rooiwiere moontlik maak om op groter dieptes (tot 75 m onder die seeoppervlak) as groenwiere te leef. Die meeste rooiwiere kom in tropiese waters voor en tydens fotosintese word die gevormde glukose omgesit in florideensetmeel, 'n stof wat naby verwant is aan dierlike glikogeen. Die selle van rooiwiere bevat ook 'n ingewikkelde koolhidraat, floridosied, wat ’n verbinding van gliserol en die monosakkaried galaktien is.

Die rooiwiere word in twee subklasse verdeel op grond van die groeiwyse van die tallus en die manier waarop die bevrugte eiersel (sigoot) ontwikkel. Die subklas Bangiophycidae bestaan uit oorwegend eensellige of draadvormige spesies wat nie duidelike groeisones het nie. Die selle het slegs een kern en het stervormige chromoplaste. Lede van die subklas Floridophycidae het gewoonlik 'n meersellige, vertakte tallus en die plante groei deurdat selfstandige selle aan die bopunt van die tallus verdeel. Die selle kan dikwels meerkernig wees en dit bevat ook 'n aantal skyfvormige chromoplaste, wat langs dieselwand gerangskik is.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rhodophyta ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Les algues coloraes o rodófites (filu Rhodophyta, del griegu ῥόδον, "rosa" y φυτόν, "planta") son un importante grupu d'algues que incluye unes 7000 especies d'una gran diversidá de formes y tamaños.[2] Formen parte del reinu Plantae al pie de Glaucophyta (glaucofites) y Viridiplantae (plantes y algues verdes).[3][4][5][6]

Caracterizar pola so inmovilidá por cuenta de la falta o perda evolutiva de flaxelos en toles etapes del so ciclu vital. Los sos cloroplastos presenten dos membranes, clorofila a y pigmentos accesorios ficobiliproteínas y carotenoides, que amazcaren el color de la clorofila y dan-y el color coloráu distintivu d'estes algues. Tán bien representaes n'agües fondes.

Rhodophyta aniciose nel Mesoproterozoicu y estrémase filoxenéticamente en dos clados: Cyanidiophytina y Rhodophytina, que diverxeron fai unos 1200 millones d'años.[7]

Galería

Referencies

  1. Yoon, Hwan Su, K. M. Müller, R. G. Sheath, F. D. Ott, y D. Bhattacharya. (2006). Defining the major lineages of red algae (Rhodophyta). J. Phycol. 42:482-492
  2. Lee, J., Cho, C. H., Park, S. I., Choi, J. W., Song, H. S., West, J. A., ... & Yoon, H. S. (2016). Parallel evolution of highly conserved plastid genome architecture in red seaweeds and seed plants. BMC biology, 14(1), 75.
  3. Adl, S.M. et al. 2012. The revised classification of eukaryotes. Journal of Eukaryotic Microbiology, 59(5), 429-514
  4. Burki, F. (2014). «The eukaryotic tree of life from a global phylogenomic perspective». Cold Spring Harbor Perspectives in Biology 6: pp. 1–17. doi:10.1101/cshperspect.a016147. http://cshperspectives.cshlp.org/content/6/5/a016147.full.
  5. Ruggiero, M. A., Gordon, D. P., Orrell, T. M., Bailly, N., Bourgoin, T., Brusca, R. C., Cavalier-Smith, T., Guiry, M.D. y Kirk, P. M. (2015). A Higher Level Classification of All Living Organisms.
  6. Ald, S.M. et al. (2007) Diversity, Nomenclature, and Taxonomy of Protists, Syst. Biol. 56(4), 684–689, DOI: 10.1080/10635150701494127.
  7. Olivier De Clerck et al. 2012 Diversity and Evolution of Algae Primary Endosymbiosis. Advances in Botanical Research, Volume 64, Elsevier Ltd. ISSN 0065-2296, http://dx.doi.org/10.1016/B978-0-12-391499-6.00002-5
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Rhodophyta: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Les algues coloraes o rodófites (filu Rhodophyta, del griegu ῥόδον, "rosa" y φυτόν, "planta") son un importante grupu d'algues que incluye unes 7000 especies d'una gran diversidá de formes y tamaños. Formen parte del reinu Plantae al pie de Glaucophyta (glaucofites) y Viridiplantae (plantes y algues verdes).

Caracterizar pola so inmovilidá por cuenta de la falta o perda evolutiva de flaxelos en toles etapes del so ciclu vital. Los sos cloroplastos presenten dos membranes, clorofila a y pigmentos accesorios ficobiliproteínas y carotenoides, que amazcaren el color de la clorofila y dan-y el color coloráu distintivu d'estes algues. Tán bien representaes n'agües fondes.

Rhodophyta aniciose nel Mesoproterozoicu y estrémase filoxenéticamente en dos clados: Cyanidiophytina y Rhodophytina, que diverxeron fai unos 1200 millones d'años.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST