dcsimg

Restio's ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Restio's is 'n groep monokotiele plante wat tot die familie Restionaceae behoort. Die genus Restio behoort daartoe, maar die naam word ook vir ander genera aangewend.

Restio's is rietagtige plante wat kenmerkend aan die Kaapse floraryk se fynbos is. In die ander deel van dié floraryk, die renosterveld, is hulle nie aanwesig nie.

Restio's is tweehuisige plante. Party van hulle word vir besems of vir grasdakke gebruik.[1] Die meeste restio's kom uit die Kaap, maar daar is ook Australiese spesies, soos van die genus Baloskion en party groei in Nieu-Seeland. Restio's word nou in tuine oor die hele wêreld gekweek. [2] Hul blare is gereduseer tot skedes en die stingels (halms) is groen en het die fotosintese oorgeneem. Daar is 330 restio-spesies in Afrika, 150 in Australië, 4 in Nieu-Seeland, 1 in Suid-Amerika en 1 in Suidoos-Asië.[3]

Kyk ook

Verwysings

  1. "suncrest nurseries" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2008.
  2. "anzplantsoc" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2016.
  3. "fernkloof" (PDF) (in Spaans). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2015.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Restio's: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Restio's is 'n groep monokotiele plante wat tot die familie Restionaceae behoort. Die genus Restio behoort daartoe, maar die naam word ook vir ander genera aangewend.

Restio's is rietagtige plante wat kenmerkend aan die Kaapse floraryk se fynbos is. In die ander deel van dié floraryk, die renosterveld, is hulle nie aanwesig nie.

Restio's is tweehuisige plante. Party van hulle word vir besems of vir grasdakke gebruik. Die meeste restio's kom uit die Kaap, maar daar is ook Australiese spesies, soos van die genus Baloskion en party groei in Nieu-Seeland. Restio's word nou in tuine oor die hele wêreld gekweek. Hul blare is gereduseer tot skedes en die stingels (halms) is groen en het die fotosintese oorgeneem. Daar is 330 restio-spesies in Afrika, 150 in Australië, 4 in Nieu-Seeland, 1 in Suid-Amerika en 1 in Suidoos-Asië.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF