dcsimg

Lelie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Lelies, van die genus Lilium, is kruidagtige plante met groot blomme wat van bolle gekweek word. Hulle is in groot dele van die wêreld belangrik in die kultuur en letterkunde. Die meeste spesies kom natuurlik voor in die gematigde streke van die Noordelike Halfrond, hoewel van hulle ook in die noordelike subtropiese klimaatstreke voorkom. Lilium is die ware lelies; baie ander plante het "lelie" in hul naam, maar is nie werklik lelies nie.

Eienskappe

 src=
Die Lilium longiflorum-blom. 1. Stempel. 2. Styl. 3. Meeldrade. 4. Helmdraad. 5. Blomdekblaar.

Lelies is hoë, meerjarige plante van 60 tot 180 cm hoog wat van bolle groei, hoewel sommige wortelstokke met verskeie bolle het. Sommige spesies ontwikkel uitlopers.

Die blomme is groot en dikwels geurryk, en blom in die laat lente of in die somer. Daar is ’n verskeidenheid kleure, onder meer wit, geel, oranje, pienk, rooi en pers. Merke sluit in kolle en strepe. Blomme kom in trosse of ’n skerm aan die punt van die stingel voor en het ses blomdekblare. Die blare is vrystandig en vorm nektar by die basis. Die vrugbeginsel is bostandig en die vrug is ’n kapsel (saaddoos) met drie selle.[1]

In die koeler klimaatstreke is die blomme eenjarig en dormant in die winter.

Galery

Verwysings

  1. European Garden Flora; Volume 1

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Lelie: Brief Summary ( Afrikaans )