dcsimg

Asiatiese swartbeer ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Asiatiese swartbeer (Ursus thibetanus) is ’n beer van gemiddelde grootte wat in dele van Suid-Asië, Noordoos-China, Japan en die Russiese Verre-Ooste voorkom. Die beer word ook die Tibetaanse beer of Himalajabeer genoem. Dit is deur die IUBN as 'n kwesbare spesie geklassifiseer.

Asiatiese swartbere het 'n swart pels met 'n kenmerkende wit of roomkleurige "V"-merk op die bors. Hulle het ook skerp kloue en is omnivore wat beide vleis en plante vreet.

Hierdie beer is direkte familie van die Amerikaanse swartbeer. Daar word vermoed dat beide 'n gemeenskaplike Europese voorouer deel.[2] Hulle is nader aan mekaar verwant as enige ander beerspesies.[3]

Na 'n dratyd van 8 maande word 1 tot 4 (meestal 2) jong beertjies gebore.

Subspesies

  • Asiatiese swartbeer, Ursus thibetanus
    • U. t. formosanus
    • U. t. gedrosianus
    • U. t. japonica
    • U. t. laniger
    • U. t. mupinensis
    • U. t. thibetanus
    • U. t. ussuricus

Verwysings

  1. Garshelis, D.L. & Steinmetz, R. (2008). Ursus thibetanus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 27 Januarie 2009. (VU A1cd v2.3)
  2. Macdonald, David (1984). The Encyclopedia of Mammals: 1. London: Allen & Unwin. p. 446. ISBN 0-04-500028-x Kontroleer |isbn=-waarde: invalid character (help).
  3. Bears of the World by Lance Craighead, Publisher: Voyageur Press, 2003, ISBN 0-89658-008-3, 9780896580084, 132 pages

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Asiatiese swartbeer: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Asiatiese swartbeer (Ursus thibetanus) is ’n beer van gemiddelde grootte wat in dele van Suid-Asië, Noordoos-China, Japan en die Russiese Verre-Ooste voorkom. Die beer word ook die Tibetaanse beer of Himalajabeer genoem. Dit is deur die IUBN as 'n kwesbare spesie geklassifiseer.

Asiatiese swartbere het 'n swart pels met 'n kenmerkende wit of roomkleurige "V"-merk op die bors. Hulle het ook skerp kloue en is omnivore wat beide vleis en plante vreet.

Hierdie beer is direkte familie van die Amerikaanse swartbeer. Daar word vermoed dat beide 'n gemeenskaplike Europese voorouer deel. Hulle is nader aan mekaar verwant as enige ander beerspesies.

Na 'n dratyd van 8 maande word 1 tot 4 (meestal 2) jong beertjies gebore.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF