dcsimg
» Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes »

Purpleface Largemouth

Serranochromis macrocephalus (Boulenger 1899)

Perskop-kurper ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Perskopkurper (Serranochromis macrocephalus) is 'n varswatervis wat in die Okavangorivier, Kunenerivier, boonste gedeelte van die Zambezirivier, die Kafuerivier en Karibadam voorkom. Die vis kom ook voor in sytakke van die Kongorivier. In Engels staan die vis bekend as die Purpleface largemouth.

Voorkoms

Die wyfie is olyfbruin of geel met gryserige swart strepe oor die lyf en stertvin. Die mannetjie het 'n rooierige dorsale-, stert- en analevinne. Broeiende mannetjies word donkerolyf met 'n donkerpers skynsel oor die sye en aan die bokant van die kop. Die kolletjies op die analevin word dan romerig pienk. Die vis word tot 35 cm lank en weeg dan ongeveer 1.5 kg. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 2.13 kg en die Zimbabwe-hengelrekord is 0.536 kg.

Habitat

Die vis leef in 'n verskeidenheid habitatte; van die hoofstroom van riviere, vloedvlaktes en mere. Hulle vreet insekte en klein vissies onder andere bottelneuse en ghieliemientjies - wat hulle by die bodem vang. Die visse broei in die lente en vroeë somer net voor die jaarlikse vloed kom. Die wyfie lê betreklik min maar groot eiers en is 'n mondbroeier.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

  1. Regan, C. T. 1920. The classification of the fishes of the family Cichlidae.--I. The Tanganyika genera. Ann. Mag. Nat. Hist. (Ser. 9) v. 5 (núm. 25): 33-53.
  2. BioLib (en)
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Perskop-kurper: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Perskopkurper (Serranochromis macrocephalus) is 'n varswatervis wat in die Okavangorivier, Kunenerivier, boonste gedeelte van die Zambezirivier, die Kafuerivier en Karibadam voorkom. Die vis kom ook voor in sytakke van die Kongorivier. In Engels staan die vis bekend as die Purpleface largemouth.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF