dcsimg

Cervus ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Cervus is ’n genus van herte wat hoofsaaklik inheems aan Eurasië is, hoewel een spesie in Noord-Afrika voorkom en een in Noord-Amerika. Dit het voorheen verskeie ander spesies ook ingesluit wat sedertdien in ander genera geplaas is. Van hulle kan dalk weer geklassifiseer word as Cervus.

Taksonomie

Tot in die 1970's het Cervus ook lede van die genera Axis, Dama, Elaphurus en Hyelaphus ingesluit, en tot in die laat 1980's lede van Przewalskium, Rucervus en Rusa.[1] Daar is bewyse dat die meeste van hulle werklik in Cervus tuishoort.[2][3]

In die derde uitgawe van Mammal Species of the World van 2005 word net die edelhert (C. elaphus) en sikahert (C. nippon) erken as spesies in die genus Cervus.[1] Genetiese en morfologiese getuienis wys egter daarop dat meer spesies erken moet word.[2][3] Die subspesie Cervus elaphus canadensis (Amerikaanse elk) word deur sommige beskou as ’n aparte spesie, Cervus canadensis.[4]

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Wilson, D. E.; Reeder, D. M., reds. (2005). Mammal Species of the World (3de uitg.). Johns Hopkins University Press. ISBN 978-0-8018-8221-0. OCLC 62265494
  2. 2,0 2,1 Pitraa, Fickela, Meijaard, Groves (2004). Evolution and phylogeny of old world deer. Molecular Phylogenetics and Evolution'.' 33:880–895.
  3. 3,0 3,1 Groves (2006). "The genus Cervus in eastern Eurasia". European Journal of Wildlife Research 52: 14–22.
  4. Ludt, C.J.L; Schroeder, Rottmann and Kuehn (2004). Mitochondrial DNA phylogeography of red deer (Cervus elaphus). Molecular Phylogenetics and Evolution 31: 1064–1083.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Cervus: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Cervus is ’n genus van herte wat hoofsaaklik inheems aan Eurasië is, hoewel een spesie in Noord-Afrika voorkom en een in Noord-Amerika. Dit het voorheen verskeie ander spesies ook ingesluit wat sedertdien in ander genera geplaas is. Van hulle kan dalk weer geklassifiseer word as Cervus.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF