dcsimg

Kruisement ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Kruisement, uit die Griekse míntha, is 'n genus van plante in die familie Lamiaceae (kruisement-familie).[2] Die verskillende spesies is nie duidelik onderskeibaar nie, en skattings van hulle aantal wissel van 13 tot 18.[3] Verbastering tussen sommige van die spesies kom natuurlik voor.

Die genus is wydversprei oor die hele Europa, Afrika, Asië, Australië en Noord-Amerika.[4]

 src=
Bloeiwyse van Mentha pulegium
 src=
Mentha longifolia

Kruisement is aromatiese, byna uitsluitlik meerjarige, selde jaarlikse, kruie. Hulle het 'n wye verspreiding van ondergrondse en bogrondse stolons [5] en regop, vierkantige,[6] vertakte stamme. Die blare word gedra in teenoorgestelde pare van langwerpig tot lansetvormig. Blare is dikwels donserig met 'n getande rand. Blaarkleure wissel van donkergroen en grysgroen tot pers, blou en soms liggeel. Die blomme is wit tot pers en vorm vals kranse. Die bloemwyse is dubbel gelip met vier lobbe, die boonste lob is gewoonlik die grootste. Die vrug is 'n neutjie, met een tot vier sade.

Verwysings

  1. Kew World Checklist of Selected Plant Families
  2. Harley, Raymond M.; Atkins, Sandy; Budantsev, Andrey L.; Cantino, Philip D.; et al. (2004). "Labiatae". In Kubitzki, Klaus; Kadereit, Joachim W. (reds.). The Families and Genera of Vascular Plants. VII. Berlin; Heidelberg, Germany: Springer-Verlag. pp. 167–275. ISBN 978-3-540-40593-1.
  3. (2004) “Phylogenetics of Mentha (Lamiaceae): Evidence from Chloroplast DNA Sequences”. Systematic Botany 29 (4): 959–64. doi:10.1600/0363644042450973.
  4. Brickell, Christopher; Zuk, Judith D. (1997). The American Horticultural Society: A-Z Encyclopedia of Garden Plants. New York, NY, USA: DK Publishing. p. 668. ISBN 0-7894-1943-2.
  5. Aflatuni, Abbas (January–February 2005). “Variation in the Amount of Yield and in the Extract Composition Between Conventionally Produced and Micropropagated Peppermint and Spearmint”. Journal of Essential Oil Research 17 (1): 66–70. doi:10.1080/10412905.2005.9698833. Besoek op 2005-05-10.
  6. Rose, Francis (1981). The Wild Flower Key. Frederick Warne & Co. p. 310. ISBN 0-7232-2419-6.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kruisement: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Kruisement, uit die Griekse míntha, is 'n genus van plante in die familie Lamiaceae (kruisement-familie). Die verskillende spesies is nie duidelik onderskeibaar nie, en skattings van hulle aantal wissel van 13 tot 18. Verbastering tussen sommige van die spesies kom natuurlik voor.

Die genus is wydversprei oor die hele Europa, Afrika, Asië, Australië en Noord-Amerika.

 src= Bloeiwyse van Mentha pulegium  src= Mentha longifolia

Kruisement is aromatiese, byna uitsluitlik meerjarige, selde jaarlikse, kruie. Hulle het 'n wye verspreiding van ondergrondse en bogrondse stolons en regop, vierkantige, vertakte stamme. Die blare word gedra in teenoorgestelde pare van langwerpig tot lansetvormig. Blare is dikwels donserig met 'n getande rand. Blaarkleure wissel van donkergroen en grysgroen tot pers, blou en soms liggeel. Die blomme is wit tot pers en vorm vals kranse. Die bloemwyse is dubbel gelip met vier lobbe, die boonste lob is gewoonlik die grootste. Die vrug is 'n neutjie, met een tot vier sade.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF