dcsimg

Iris ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Iris is 'n plantgenus van die familie Iridaceae met 200 tot 300 verskillende spesies. Die blomme is groot en opvallend en kom in 'n verskeidenheid kleure voor. Sommige soorte word al sedert die 16e eeu as sierplante gekweek en die wortelstok van een soort word vir parfuumbereiding gebruik. Die meeste soorte irisse is van die gematigde streke van die Noordelike Halfrond afkomstig, terwyl van die mooistes egter ook uit die Mediterreense gebied en Sentraal-Asië kom. Irisse is of bolplante, of wortelstokplante en het 6 blomdekblare, waarvan die buitenstes gewoonlik afhang of wegstaan en die binnestes regop staan.

Die bekendste irisse is die baard-irisse wat hibrides (basters) is van die ligblou Iris pallida, die geel Iris variegata en die persblou Iris germanica. Baard-irisse blom 6 tot 8 weke lank in die lente en hul swaardvormige blare is immergroen. Na drie jaar moet hulle verdeel word deur die wortelstokke van mekaar af te breek en weer te plant. Goed gedreineerde, vrugbare grond is baie belangrik en hulle moet die hele jaar deur water kry. Ander irisse wat mooi tuinblomme is, is onder meer die Japanse en Spaanse irisse.

Die Iris japonica is in die 18e eeu uit Japan en China via Europa bekend gestel en het wit of pers orgideeagtige blomme. Die Iris kampferi, wat ʼn groter kleurverskeidenheid oplewer, floreer weer in vlak dammetjies of ʼn moerasagtige gebied waar die grond baie suur is. Die Spaanse iris (Iris xiphium), wat van Spanje en Portugal afkomstig is en waaruit die sogenaamde Hollandse en Engelse irisse latergekweek is, is 'n bolplant met pragtige wit, geel, blou en pers snyblomme. Hulle blom ook in die lente en die bolle moet in Maart 5 tot 8 cm diep en sowat 8 cm uitmekaar geplant word. Hulle verkies ligte skaduwee en moet teen kwaai koue beskerm word. Die ligblou Iris florentina uit die Mediterreense gebied se gedroogde wortelstok (iriswortel) word weens sy geur by die bereiding van sekere parfuum gebruik. Die plantfamilie Iridaceae is na Iris, die Griekse godin van die reënboog, vernoem.

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Iris: Brief Summary ( Afrikaans )