dcsimg

Proteales ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Die heilige lotus.

Proteales is die botaniese naam van ’n orde van blomplante wat uit vier families bestaan en die proteas van Suid-Afrika insluit. Die Proteales word deur die meeste taksonome erken.

Families

In die klassifikasiestelsel van Dahlgren was Proteales in die superorder Proteiflorae (ook Proteanae genoem). Die APG-stelsel van 2003 erken ook dié orde en plaas dit in die klade Eudicots:

orde Proteales

met "+ ..." = opsioneel aparte familie (wat van die voorafgaande familie kan afsplits).

Die APG-stelsel van 2009 het dieselfde benadering gevolg, maar het drie families in Proteales verkies: Nelumbonaceae, Platanaceae en Proteaceae.[1] Die Angiosperm Phylogeny Website stel egter die toevoeging van Sabiaceae as ’n familie voor.[2]

Die APG-stelsel van 2016 voeg die familie Sabiaceae by die orde.[3]

Benewens die proteas van Suid-Afrika is bekende lede van Proteales die banksias en makadamias van Australië en die heilige lotus. Die oorsprong van die orde is antiek; daar is bewyse van diversifikasie in die Middel-Kryt-periode, meer as 100 miljoen jaar gelede. Dit is interessant dat die Proteaceae hoofsaaklik in die Suidelike Halfrond voorkom en die Platanaceae en Nelumbonaceae in die Noordelike Halfrond.

Klassifikasie

Die huidige klassifikasie is ’n aanpassing van die APG-stelsel van 1998, wat Platanaceae as ’n aparte familie aangedui het:

orde Proteales

  • familie Nelumbonaceae
  • familie Platanaceae
  • familie Proteaceae
  • familie Sabiaceae

Cronquist

Die Cronquist-stelsel van 1981 erken die orde Proteales en plaas dit in die subklas Rosidae in die klas Magnoliopsida:

orde Proteales

  • familie Elaeagnaceae
  • familie Proteaceae

Dahlgren, Thorne, Engler en Wettstein

Die stelsels van Dahlgren, Thorne, Engler en Wettstein erken so ’n orde, maar plaas dit in verskillende subklasse. Hulle gee die klassifikasie aan as:

orde Proteales

  • familie Proteaceae

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Angiosperm Phylogeny Group (2009), "An update of the Angiosperm Phylogeny Group classification for the orders and families of flowering plants: APG III", Botanical Journal of the Linnean Society 161 (2): 105–121, doi:10.1111/j.1095-8339.2009.00996.x, http://www3.interscience.wiley.com/journal/122630309/abstract, besoek op 2010-12-10
  2. Stevens, P.F. (vanaf 2001). Angiosperm Phylogeny Website. Weergawe 12, Julie 2012]. Proteales. URL besoek op 9 Junie 2013.
  3. Angiosperm Phylogeny Group (2016). “An update of the Angiosperm Phylogeny Group classification for the orders and families of flowering plants: APG IV”. Botanical Journal of the Linnean Society 181 (1): 1–20. doi:10.1111/boj.12385.

Skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Proteales: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Die heilige lotus.

Proteales is die botaniese naam van ’n orde van blomplante wat uit vier families bestaan en die proteas van Suid-Afrika insluit. Die Proteales word deur die meeste taksonome erken.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF