dcsimg
Image of balsampear
» Plants » » Angiosperms »

Cucumber Family

Cucurbitaceae

Komkommeragtiges ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die familie van die komkommeragtiges (Cucurbitaceae) behoort tot die orde Cucurbitales. Komkommeragtige plante is tropiese en subtropiese kruidagtige plante met groot, dikwels harige blare en klein, onopvallende blomme. Die komkommeragtiges is dikwels rankplante. Bekende spesies van die familia is spanspekke, waatlemoene, agurkies en komkommers.

Algemene kenmerke

Die komkommeragtiges (Cucurbitaceae) behoort tot die orde Cucurbitales en bestaan uit ongeveer 100 genera en 850 spesies. Hulle is kruidagtige plante en inheems in die trope en subtrope. Die wetenskaplike naam is afgelei van die woord cucurbita, ’n Romeinse benaming vir 'n bepaalde soort kalbas. Die plante is meestal bedek met hare en die blare is groot en kom versprei aan die stingel voor.

Steunblaartjies ontbreek heeltemal. Hegranke is dikwels aanwesig. Die plante rank hiermee teen voorwerpe op, maar daar is ook spesies wat plat op die grond groei. Die eenslagtige blomme, dikwels geel tot geelgroen van kleur, is onopvallend omdat hulle onder die groot blare verskuil is.

Die blom

Die manlike blom het vyf meeldrade, waarvan vier twee-twee aan mekaar vergroei is. Die vyfde meeldraad staan alleen. Elke helmknop het net een helmhok. Daar is dikwels 'n rudimentêre (onontwikkelde) stamper aanwesig. Die vroulike blom het 'n onderstandige vrugbeginsel.

Dit lyk of die vroulike blom ses vrughokke het omdat die drie vrugblare na binne groei, verdeel en weer na buite buig. Die stamper bestaan uit 'n styl met drie stempels wat meestal gevurk is. Sowel die manlike as die vroulike blomme het 'n kelk wat uit vyf lobbe en 'n vergroeide kroon bestaan. Die vrugwand kan stewig of sag wees en die vrug word as 'n bessie beskou.

Verteenwoordigers

 src=
Ecballium elaterium

Die waatlemoen (Citrullus lanatus) is oorspronklik van Suid-Afrika afkomstig, maar baie variëteite van die genus word nou ook in lande aan die Middellandse See gekweek. Die vleis van die vrug is normaalweg rooi, maar kan ook geel wees, met swart pitte. Die vrugte het gladde, groen en soms marmervlekkige skille. Die vrug is baie sappig en ideaal om ’n dors te les. Die spanspek (Cucumis melo) kom ook in Suid-Afrika voor, maar is oorspronklik van Sentraal-Afrika en Indië afkomstig.

Spanspekke is ook rankplante. Wilde spanspekke het klein, pruimvormige en smaaklose vrugte, terwyl gekultiveerde rasse groot, sappige en smaaklike vrugte dra. Die Egiptenare het vroeër reeds verskeie spesies verbou. Agurkies en komkommers (Cucumis sativus) kom in Suid-Afrika voor. Daar is verskillende groottes, en spesies verskil soms ook wat kleur betref. Komkommers en agurkies is meer as 3 000 jaar gelede al in Indië gekweek. Die genus Cucurbita omvat twaalf spesies. Een daarvan is die pampoen of kalbas (Cucurbita pepo), wat oorspronklik van Sentraal-Amerika afkomstig is.

Pampoene is plante met groot blare en die vrugte kan rond, ellipsvormig of langwerpig en gestreep wees. Cucurbita maxima is 'n pampoen wat tot 50 kg kan weeg en eienaardige vorms kan hê. 'n Ander soort komkommeragtige wat in die Middellandse See-gebied voorkom, is Ecballium elaterium. Die plant word in tuine aangeplant en is geen rankplant nie. Ecballium elaterium dra geel blomme en eiervormige, vlesige vrugte wat aan ’n krom steel hang. Die vrug neem soveel water op dat die vrugwand later by die geringste aanraking oopbars en die sade uitskiet.

Die enigste komkommeragtige plant wat inheems in Europa is, is Bryonia dioica, 'n meerjarige plant wat deur middel van ondergrondse stingelknolle voortplant. Die plant is tweehuisig, wat beteken dat die vroulike en manlike blomme op afsonderlike plante gedra word. In die herfs dra die vroulike plant rooi, giftige bessies. Bryonia alba is weer eenhuisig en dra swart vrugte. In die verlede is die stingelknol van die plant beskou as 'n mandragora-wortel omdat dit so inmekaargroei.

Daar is geglo dat die stingelknol bonatuurlike krag besit. Die genus Luffa is afkomstig uit die trope van die Ou Wêreld en bestaan uit rankplante met groot blomme. Die vrugwande is taai en bestaan uit growwe vesels en sponsagtige materiaal. Wanneer die vrug ryp word, spring hy aan die punt oop. In Japan word Luffa cylindraca gekweek en die vrugte word as plantaardige sponse gebruik. Die enigste komkommeragtige plant met groot, alleenstandige blomme wat nie vergroeide kroonblare het nie, is Lagenaria siceraria. Dit is 'n flesvormige kalbas wat vroeër gebruik is om water in te bewaar. Daar kom ook bome voor in die familie van die komkommeragtiges. Bome van die genus Dendrosicyos op die eiland Socotra behoort tot die komkommeragtiges.

Verwysings

  1. USDA, ARS, National Genetic Resources Program. Germplasm Resources Information Network – (GRIN) [Base de Datos en Línea]. National Germplasm Resources Laboratory, Beltsville, Maryland. URL: http://www.ars-grin.gov/cgi-bin/npgs/html/family.pl?1447 Geargiveer, 29 Oktober 2013 op die Wayback Machine (21 Januarie 2014)

Bron

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Komkommeragtiges: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die familie van die komkommeragtiges (Cucurbitaceae) behoort tot die orde Cucurbitales. Komkommeragtige plante is tropiese en subtropiese kruidagtige plante met groot, dikwels harige blare en klein, onopvallende blomme. Die komkommeragtiges is dikwels rankplante. Bekende spesies van die familia is spanspekke, waatlemoene, agurkies en komkommers.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Cucurbitaceae ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Les cucurbitácees[2] (Cucurbitaceae) son una familia de plantes naturales nel so mayor parte del Nuevu Mundu, de normal yerbácees, de les cualos munches tienen gran importancia etnobotánica; inclúi los zapallos y zapallitos (o calabaces y calabacinos, Cucurbita), el melón (Cucumis melo), el pepinu (Cucumis sativus), la sandía (Citrullus lanatus), la calabaza vinatera o porongo (Lagenaria siceraria), la esponxa vexetal (Luffa), el chayote (Sechium edule), el cayote o alcayota (Cucurbita ficifolia), el tacaco de Costa Rica (Sechium tacaco) y la caigua o aveyara (Cyclanthera pedata).[3]

Descripción

Yerbes rastreres o esguiladores por aciu bilortos nos tarmos (caulinares); amuesen fueyes alternes, polo xeneral simples, más o menos llobaes, carnoses, escabras; tienen cistolitos. Les flores son unisexuales, les masculines con traza de xinecéu, xeneralmente monoicas (Bryonia craetica escepcionalmente ye dioica), regulares, gamopétalas, pentámeras, con periantio doble y estames atípicos: filamentu sigmoide rematáu por una antera con una única teca, estames llibres o soldaos en 3 grupos: (2)+(2)+1. Nes formes primitives amuésense los pétalos llibres, y l'ovariu ínfero; dalgunes presenten inflorescencies en visu. Los frutos son bien variables; cuasi siempres son bayes (Bryonia) o bagues modificaes (pepónides), pero dacuando preséntense como cápsules (Momordica), dacuando en elaterio.

La hipótesis filoxenética más moderna del orde y la so clasificación en families y xéneros (con especial detalle en Cucurbitaceae) pue ser atopada en Schaefer y Renner (2011[4]).

Una descripción morfolóxica de Cucurbitaceae puede ser atopada en Schaefer y Renner en Kubitzki (2011[5]). Les families más pequeñes de Cucurbitales tán descriptas tamién en Kubitzki (2011[6]) y amás, no que concierne a los sos calteres floral y vexetativu, en Matthews y Endress (2004[7]) y en Zhang et al. (2006,[8] 2007[9]), y estos trabayos tamién son una puerta d'entrada escontra la vasta lliteratura morfolóxica d'eses families.

La clasificación actual sueli tar basada nel APG.

Taxonomía

La familia describióse por Antoine-Laurent de Jussieu y espublizóse en Xenera Plantarum 393–394. 1789.[10] El xéneru tipu ye: Cucurbita L.

Referencies

  1. USDA, ARS, National Genetic Resources Program. Germplasm Resources Information Network - (GRIN) [Base de Datos en Llinia]. National Germplasm Resources Laboratory, Beltsville, Maryland. URL: http://www.ars-grin.gov/cgi-bin/npgs/html/family.pl?1447 (21 January 2014)
  2. Dellos (2012). Ciencia y llingua (Averamientu al léxicu científicu del Diccionariu de la llingua asturiana). ISBN 978-84-8053-646-2.
  3. Cutler, H. C., & Whitaker, T. W. (1961). History and distribution of the cultivated cucurbits in the Americas. American Antiquity, 469-485.
  4. Schaefer y Renner. 2011. Phylogenetic relationships in the order Cucurbitales and a new classification of the gourd family (Cucurbitaceae). Taxon 60
  5. Schaefer, H. y Renner, S.S. 2011. Cucurbitaceae. Pp. 112–174 en: Kubitzki, K. (ed.), The families and xenera of vascular plants, vol. 10, Sapindales, Cucurbitales, Myrtaceae. Berlin: Springer.
  6. Kubitzki, K. (ed.),The families and xenera of vascular plants, vol. 10, Sapindales, Cucurbitales, Myrtaceae. Berlin: Springer.
  7. Matthews, M.L. y Endress, P.K. 2004. Comparative floral structure and systematics in Cucurbitales (Corynocarpaceae, Coriariaceae, Datiscaceae, Tetramelaceae, Begoniaceae, Cucurbitaceae, Anisophylleaceae). Bot. J. Linn. Soc. 145: 129–185.
  8. Zhang, L.-B., Simmons, M.P., Kocyan, A. y Renner, S.S. 2006. Phylogeny of the Cucurbitales based on DNA sequences of nine loci from three genomes: Implications for morphological and sexual system evolution. Molec. Phylog. Evol. 39: 305–322
  9. Zhang, L.-B., Simmons, M.P. y Renner, S.S. 2007. A phylogeny of Anisophylleaceae based on six nuclear and plastid loci: Ancient disjunctions and recent dispersal between South America, Africa, and Asia. Molec. Phylog. Evol. 44: 1057–1067
  10. «Cucurbitaceae». Tropicos.org. Missouri Botanical Garden. Consultáu'l 21 de xineru de 2014.

Enllaces esternos

"Cymbidium Esta páxina forma parte del wikiproyeutu Botánica, un esfuerciu collaborativu col fin d'ameyorar y organizar tolos conteníos rellacionaos con esti tema. Visita la páxina d'alderique del proyeutu pa collaborar y facer entrugues o suxerencies.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Cucurbitaceae: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Les cucurbitácees (Cucurbitaceae) son una familia de plantes naturales nel so mayor parte del Nuevu Mundu, de normal yerbácees, de les cualos munches tienen gran importancia etnobotánica; inclúi los zapallos y zapallitos (o calabaces y calabacinos, Cucurbita), el melón (Cucumis melo), el pepinu (Cucumis sativus), la sandía (Citrullus lanatus), la calabaza vinatera o porongo (Lagenaria siceraria), la esponxa vexetal (Luffa), el chayote (Sechium edule), el cayote o alcayota (Cucurbita ficifolia), el tacaco de Costa Rica (Sechium tacaco) y la caigua o aveyara (Cyclanthera pedata).

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST