dcsimg

Kaapse bosbontrokkie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kaapse bosbontrokkie, ook genoem die Kaapse vlieëvanger, (Batis capensis) is 'n standvoël wat endemies aan Suider-Afrika is.

Die volwasse voëls van hierdie spesie is tussen 11 en 13 cm lank. Die mannetjie se kop en agterkop is donkergrys, terwyl sy mantel en kruis meer olyfkleurig-grys is. Die vlerkdekvere is rooibruin en vertoon as 'n rooibruin kol wanneer die vlerke gevou is. Die mannetjie is ook die enigste bosbontrokkie in Suider-Afrika waarvan die vlerke en sye geheel en al 'n rooibruin tint het. Die onderdekvlerke is wit en die stertvere swart met wit puntjies. Die sye van die Kaapse bosbontrokkie is swart, so ook sy oordekvere en streep, wat byna aan die agterkant van sy nek ontmoet. Mannetjies het ook 'n duidelike breë swart borsband. Die voëls se oë is geel-oranje, met 'n swart snawel en pote. Die wyfie lyk baie op die mannetjie, behalwe dat sy nie 'n swart borsband het nie, maar eerder 'n rooibruin een. Sy het ook 'n rooibruin vlek op haar ken, terwyl die mannetjie s'n wit is. Jong voëls lyk op die wyfies, maar het lig-geelbruin strepe op hul bo-sy, in plaas van rooibruin strepe.

 src=
'n Mannetjie

Die Kaapse bosbontrokkie word al langs die kus (of naby daaraan) van die suidweste van Suid-Afrika aangetref, tot aan die kus in die suidooste, vanwaar dit tot in Zimbabwe ook meer binnelands gevind word. Hierdie voëls verkies die rande van klam immergroen woude en dig beboste klowe in bergreekse. Hulle word gewoonlik in pare aangetref, maar dikwels ook as lede van 'n groep gemengde voëlspesies.

Soos ander bosbontrokkies vreet hulle ook insekte, maar vang hulle eerder in die lug en in die lower van bome as op die grond. Opgewonde voëls vlieg rond met 'n hoorbare gons van die vlerke. Veral in broeityd duld hulle mense se teenwoordigheid meer, maar sal gewoonlik wegvlieg voor hulle aangeraak word.

Hierdie voëltjies se alarmroep is 'n lae, sagte "whie-wharra-wharra". Ander roepe is 'n deurdringende, eentonige "riep-riep-riep" wat gewoonlik 'n paar keer herhaal word, of "foe-foe-foe".

Sien ook

Bronnelys

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kaapse bosbontrokkie: Brief Summary ( Afrikaans )

 src= 'n Mannetjie

Batis capensis ( Asturian )

provided by wikipedia AST
"Map Les especies d'aves con nome común en llingua asturiana márquense como NOA. En casu contrariu, conséñase'l nome científicu o de la SEO.

Batis capensis ye una especie d'ave na familia Platysteiridae.

Distribución

Ye un ave pequeña que s'alimenta d'inseutos. El so plumaxe tien un diseñu llamativu. El machu adultu tien una corona gris, una mázcara na cara negra y gargüelu blancu. El so llombu ye marrón, con grupes y cola negres y ales ablondes. Los sos partes inferiores son blanques con una amplia banda negra nel pechu y lladrales ablondos. El plumaxe de la fema y de lso xuveniles estremar en que la banda del pechu ye más angosta y ablonda, non negry tienen un pequeñu llurdiu ablondu nel gargüelu.

Distribución y hábitat

Ye residente de les tierres altes nel sur y este de Sudáfrica y Zimbabue. El so hábitat natural son les viesques montiegues húmedes siempreverdes y los valles montiegos.

Ecoloxía y comportamientu

El so nial en forma de copa ye pequeñu y construyir na zona baxa d'un árbol o nun parrotal. La fema y el machu defenden el so territoriu de manera agresiva. Si avérense grandes aves de presa, animales o humanos, de cutiu l'ave posar de manera conspicua cerca del intrusu y protesta de manera oyible.

Caza inseutos al vuelu, o prindando preses del suelu. El so cantar ye un xiblíu triple cherra-warra-warra o foo-foo-foo.

Referencies

  1. BirdLife International (2012). «Batis capensis» (inglés). Llista Roxa d'especies amenazaes de la UICN 2013.2. Consultáu'l 26 de payares de 2013.
  • Ian Sinclair, Phil Hockey and Warwick Tarboton, SASOL Birds of Southern Africa (Struik 2002) ISBN 1-86872-721-1

Enllaces esternos

"Protonotaria-citrea-002 Esta páxina forma parte del wikiproyeutu Aves, un esfuerciu collaborativu col fin d'ameyorar y organizar tolos conteníos rellacionaos con esti tema. Visita la páxina d'alderique del proyeutu pa collaborar y facer entrugues o suxerencies.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Batis capensis: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST
Batis capensis "Map Les especies d'aves con nome común en llingua asturiana márquense como NOA. En casu contrariu, conséñase'l nome científicu o de la SEO.

Batis capensis ye una especie d'ave na familia Platysteiridae.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST