Die Eurasiese gaai (Garrulus glandarius) is ’n voëlspesie wat oor ’n groot streek in Wes-Europa en Noordwes-Afrika tot by die Indiese Subkontinent voorkom, asook verder tot die ooskus van Asië en suid tot in Suidoos-Asië. Oor dié groot gebied het ’n paar afsonderlike rassevorme ontstaan wat nou baie van mekaar verskil wat voorkoms betref.
Engelssprekendes in Brittanje en Ierland noem die voël bloot jay ("gaai"). Dit is die oorspronklike gaai waarna alle ander gaaie genoem is.
Die Eurasiese gaai was een van die oorspronklike spesies wat Linnaeus in sy 18de-eeuse werk Systema Naturae beskryf het. Hy het die ooreenkoms met ander Corvidae gesien en dit Corvus glandarius genoem.[2] Die huidige wetenskaplike naam is uit Latyn: Garrulus beteken raserig en glandarius is "van eikels", ’n gunstelingkossoort.[3]
Agt rassegroepe (33 subspesies) word deur Madge & Burn (1994) erken:[4]
Die voël is lid van die wydverspreide gaaigroep en omtrent die grootte van ’n kerkkraai. Hulle kom voor in woude, veral met eike, en versamel naarstig eikels. In die afgelope paar jaar het die voëls na stedelike gebiede begin migreer, moontlik weens die voortdurende erosie van sy woudhabitat.
’n Garrulus glandarius bispecularis van Uttarakhand, Indie.
’n Tipiese voorbeeld van die atricapillus-groep in Israel.