dcsimg

Palmwindswael ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Cypsiurus parvus

Die palmwindswael (Cypsiurus parvus) is 'n windswael. Die voëls behoort aan die genus Cypsiurus wat onder die familie van windswaelagtiges (Apodidae) ressorteer.

Hulle kom algemeen in Afrika suid van die Sahara, sowel as in Madagaskar voor en maak in palmbome met breë blare nes. Die voël is 'n algemene standvoël en plaaslike somertrekvoël, tot in die Oos-Kaap. In Engels staan die voël as die African palm swift bekend.

Voorkoms

Die voël is ligbruin, skraal en vaartbelyn met lang sekelvormige vlerke en 'n lang diep, gevurkte mikstert. Hulle het die langste stert van al die windswaels. Tydens ververing kan die voël met die skaarswindswael verwar word.

Sien ook

Bronnelys

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Palmwindswael: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Cypsiurus parvus