dcsimg

Deursigtige skoonmakergarnaal ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die deursigtige skoonmakergarnaal (Urocaridella antonbruunii) is 'n seedier wat leef in gate, grotte en onder lyste in water wat tot 20 m diep is waar hulle wag vir vis wat skoongemaak wil word. Die seedier kom in die westelike Stille Oseaan en Indiese Oseaan voor; meer spesifiek die Rooi See, die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die die noorde van KwaZulu-Natal.

Die seedier word tot 30 mm lank. Die deurskynende lyf is bedek met rooi en wit merke wat yl oor die lyf versprei is. Die oë is groot en hoofsaaklik deursigtig. Hulle kom in klein groepies voor, is omnivories en vreet detritus, slym en klein ongewerweldes. Die spesie is raar.

Verwysings

  1. Sammy De Grave (2010). "Urocaridella antonbruunii (Bruce, 1967b)" (in Engels). World Register of Marine Species. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Augustus 2018. Besoek op 11 Februarie 2011.

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Deursigtige skoonmakergarnaal: Brief Summary ( Afrikaans )