dcsimg

Reusebontpaling ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Reusebontpaling (Gymnothorax javanicus) is 'n bontpaling wat wydverspreid voorkom in die Stille en Indiese oseane; meer spesifiek die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek, moontlik die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Giant moray.

Identifikasie

Die reusebontpaling is normaalweg 240 cm lank maar kan tot 300 cm lank word. Dit is die grootste van sy soort in die Indiese Oseaan. Die vis se lyf is ligbruin tot taankleurig en daar is klein swart kolletjies op die kop en rug. Daar is ook 'n swart vlek op die kieue-opening.

Die vis leef in 'n verskeidenheid rif habitatte; vanaf rotskusareas tot aflandige koraalriwwe in water wat ten minste 50m diep is. Hulle vreet hoofsaaklik vis en skaaldiere. Die bontpaling is alleenlopers en normaalweg passief maar kan beserings veroorsaak indien dit aangehits word.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Reusebontpaling: Brief Summary ( Afrikaans )