dcsimg

Swaarddraer ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Swaarddraer (Xiphophorus hellerii) is 'n varswater vis wat inheems is aan suidelike Meksiko en Honduras. In Suid-Afrika kom hulle in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Otjikotomeer in Namibië voor. In Engels staan die vis bekend as Swordtail.

Voorkoms

Die vis het 'n kenmerkende lang dorsale vin, die manlike gonopodium en die verlengde onderste gedeelte van die stertvin - die sogenaamde swaard. Die kleur van die vis varieer, die mees bekendste variasie soos gevind in akwariums is oranje-rooi met 'n swart omlynde swaard. Die visse wat in die natuur voorkom het 'n bruin streep op die rug, helder groen-oranje streep op die lyf en 'n helder groen-swart omlynde swaard. Die wyfie se kleure is nie so helder as die mannetjie s'n nie. Die mannetjie word 80 mm en die wyfie 120 mm lank.

Habitat

Die verkies warmer en stil waters om in te leef, 20 - 26 °C en te broei. Hulle vreet klein water ongewerweldes. Die vis is 'n hermafrodiet, die groot wyfies kan mannetjies word.

Trivia

Die vis is die eerste keer in 1974 in die natuur in Suid-Afrika opgemerk, vermoedelik afkomstig van visse wat uit akwariums vrygelaat is.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Swaarddraer: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Swaarddraer (Xiphophorus hellerii) is 'n varswater vis wat inheems is aan suidelike Meksiko en Honduras. In Suid-Afrika kom hulle in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Otjikotomeer in Namibië voor. In Engels staan die vis bekend as Swordtail.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF