dcsimg

Ster-helmknorhaan ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Ster-helmknorhaan (Dactyloptena peterseni) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Starry helmet gurnard.

Voorkoms

Hulle lywe is oranje-rooi met geel-groen kolletjies op, en wit aan die onderkant. Die pektorale vinne is groen in die middel met geel strepe wat reghoekig oor die vinne strek. Die vis word tot 56 cm groot en weeg dan 1.5 kg. Die vis se pektorale vinne is groter as normaalweg en lyk inderdaad soos vlerke. Die visse kan egter nie vlieg soos die vlieënde visse nie en indien die vis uit die water gehaal word frommel die pektorale vinne op soos 'n nat lap.

Habitat

Die visse kom gewoonlik voor in sanderige of gruisbodems naby riwwe in water van tussen 50 en 250 m diep. Hulle gebruik die pektorale vinne om oor die bodem te kruip en dit in die proses oop te krap om klein skaaldiertjies te ontbloot as prooi. Wanneer die vis vinnig swem word die pektorale vinne terug langs die liggaam gevou en slegs die stert word aangewend om die vis aan te dryf.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Ster-helmknorhaan: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Ster-helmknorhaan (Dactyloptena peterseni) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Starry helmet gurnard.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF