dcsimg

Tarentaal-blaasop ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Tarentaal-blaasop (Arothron meleagris) is vis wat wydverspreid in die Indiese en Stille oseane en die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Guineafowl puffer.

Identifikasie

Die vis word tot 50 cm lank en is grysbruin tot swart van kleur. Die lyf, kop en stert is bedek met klein, digte, wit kolletjies. Soms is van die bevolking helder geel met 'n paar verspreide swart kolle op die lyf.

Hierdie vis leef in tropiese strandmere en vlak koraal- en rotsriwwe in water wat 1 tot 20m diep is. Hulle is gewoonlik alleenlopers en vreet die punte van korale, alge en ongewerweldes.

Hierdie blaasop lyk baie soos die Swartspikkel-blaasop (Arothron nigropunctatus) wat in sy geel fase is.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Tarentaal-blaasop: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Tarentaal-blaasop (Arothron meleagris) is vis wat wydverspreid in die Indiese en Stille oseane en die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Guineafowl puffer.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF